1
Luka 17:19
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Hy sê vir hom: “Staan op en gaan; jou vertroue het jou genees.”
Vergelyk
Verken Luka 17:19
2
Luka 17:4
en as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”
Verken Luka 17:4
3
Luka 17:15-16
Toe een van hulle sien dat hy rein was, het hy teruggegaan na Hom toe en met ’n harde stem eer aan God gegee, op sy gesig neergeval by Yeshua se voete en Hom gedank en hy was van Shomron.
Verken Luka 17:15-16
4
Luka 17:3
Beskerm julle lewens. As jou broer sou sondig, bestraf hom en as hy berou het en omdraai, vergewe hom
Verken Luka 17:3
5
Luka 17:17
Yeshua antwoord en sê: “Is daar nie tien wat rein geword het nie en waar is die nege?
Verken Luka 17:17
6
Luka 17:6
Hy sê vir hulle: “As julle vertroue gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie wildevyeboom sê: ‘Word ontwortel en in die see geplant’ en hy sou aan julle gehoorsaam wees.
Verken Luka 17:6
7
Luka 17:33
Wie ook al kies om sy lewe te red, sal dit verloor en elkeen wat dit self verloor, sal dit vind.
Verken Luka 17:33
8
Luka 17:1-2
Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is onmoontlik dat die geleenthede om te struikel nie sal kom nie, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ’n maalsteen vir ’n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
Verken Luka 17:1-2
9
Luka 17:26-27
Net soos dit was in die dae van Noag, net so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: hulle het geëet, gedrink, getrou en in die huwelik weggegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, die vloed gekom en almal vernietig het.
Verken Luka 17:26-27
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's