want as ek wou roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat, maar ek doen dit nie sodat niemand my hoër mag reken as wat hy van my sien of wat hy van my af hoor nie.
’n Doring is vir my in die vlees gegee sodat ek nie grootkop sou kry oor die uitermatige grootheid van die openbaringe nie, ’n boodskapper van die teëstander, om my met die vuis te slaan sodat ek nie grootkop sou kry nie.