YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Numeri 22

1

Numeri 22:28

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Toe maak die HERE die donkie se mond oop en sy sê vir Bileam: “Wat het ek aan jou gedoen dat jy my nou drie keer geslaan het?”

Vergelyk

Verken Numeri 22:28

2

Numeri 22:31

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Die HERE maak toe Bileam se oë oop, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand. Bileam het gekniel en met sy gesig teen die grond gebuig.

Vergelyk

Verken Numeri 22:31

3

Numeri 22:32

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Die Engel van die HERE het hom gevra: “Waarom het jy jou donkie nou drie maal geslaan? Kyk, Ek het self na vore getree as 'n teenstander, want die pad wat voorlê, is steil.

Vergelyk

Verken Numeri 22:32

4

Numeri 22:30

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Die donkie sê toe vir Bileam: “Is ek nie jou donkie waarop jy jou lewe lank tot vandag toe gery het nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te maak?” Hy antwoord: “Nee.”

Vergelyk

Verken Numeri 22:30

5

Numeri 22:29

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Daarop sê Bileam vir die donkie: “Omdat jy my vir die gek hou! Was daar maar 'n swaard in my hand, want dan het ek jou nou doodgemaak!”

Vergelyk

Verken Numeri 22:29

6

Numeri 22:27

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Toe die donkie die Engel van die HERE sien, gaan lê sy onder Bileam. Bileam het kwaad geword en die donkie met sy stok geslaan.

Vergelyk

Verken Numeri 22:27

Gratis leesplanne en oordenkings oor Numeri 22

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's