NUMERI 22:32
NUMERI 22:32 Bybel vir almal (ABA)
Die Engel van die Here het vir hom gesê: “Hoekom het jy die donkie drie maal geslaan? Ek het self gekom om jou te stop, want jy sal nie by My kan verbykom nie.
NUMERI 22:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!
NUMERI 22:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Engel van die Here vra hom toe: “Waarom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Ek het jou kom voorstaan, want Ek sien jy is op 'n gevaarlike pad.
NUMERI 22:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Engel van die HERE het hom gevra: “Waarom het jy jou donkie nou drie maal geslaan? Kyk, Ek het self na vore getree as 'n teenstander, want die pad wat voorlê, is steil.
NUMERI 22:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die Engel van die HERE vir hom: Waarom het jy jou esel al drie maal geslaan? kyk, ek het uitgegaan om jou teë te staan, want jou weg is verkeerd voor my.