Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 12:4

Gemaksug is nie 'n opsie nie
3 Dae
Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge van jou verlede kan trotseer en die ongemaklike daarvan kan aangryp om onstuitbaar te word.

Pasop vir Trots: Kies Nederigheid
3 Dae
’n Meerderwaardige houding kan subtiel insluip — deur trots, vergelyking of selftwyfel. In hierdie leesplan word ons deur Paulus, Petrus en Jesus self herinner dat alles wat ons het en is, genade is. Ware geestelike volwassenheid word nie gemeet aan status, prestasie of agtergrond nie, maar aan ’n nederige hart wat bereid is om ander te dien. Hierdie drie dae help jou om jou gesindheid eerlik te ondersoek, trots te herken (ook waar dit vermom is), en doelbewus onder God se kragtige hand te buig sodat Hy jou op sý tyd kan verhoog.

Wat Is Geestelike Gawes?
4 dae
Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag leesplan sal jy van verskillende geestelike gawes leer, hoe om jou geestelike gawes te ontdek en die uiteindelike motivering wat jou sal dryf om jou gawes op die gegewe tyd te gebruik.

Hou Op Om Kerk Toe Te Gaan
5 Dae
Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike geleentheid om te sien wat die Bybel oor kerkwees sê. Begin met hierdie Life.Church leesplan om Pastoor Craig Groeschel se reeks "Stop Going to Church" te volg.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Lewe Veranderd: Voorsiening
5 Dae
Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, selfs tot in die kleinste besonderhede. Hierdie 5-dag leesplan verken verhale van God se voorsiening, hoe om jou geloof te versterk en jou aan te moedig om God eerste in jou finansies te stel.

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te Word
7 Dae
Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie leesplan sal ons ontdek dat om vrygewig te leef baie verder strek as ons persoonlike finansies — dit is 'n leefstyl wat op ander gefokus is.

Leef Vry van Wellus – 'n 7-Dag Reis
7 Dae
As Christene is dit ons eersgeboortereg om vry van wellus te leef. Die sekulêre wêreld waarin ons leef, roep ons om ons daagliks aan wellus te vergryp. God roep ons egter om 'n lewe van seksuele integriteit te lei – vry van wellus en seksuele sonde. Hierdie oordenking is 'n uitnodiging aan jou om 'n wellusvrye leefstyl te begin. Jy sal toegerus word met Bybelse beginsels wat jou kan help om te veg en vry van die versoekings van wellus te wees.

Ware Spiritualiteit
7 dae
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap
9 dae
COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en aanbidding te gaan bring. Bybelse gemeenskap is egter hoe God se hart klop en wat Hy graag vir ons wil hê.

Die Geestelike Man se Hindernisbaan
13 Dae
God het 'n plan en 'n doel vir elke man. As geestelike mans in 'n sekulêre wêreld stap ons nie 'n maklike pad nie. Ons pad is eerder 'n hindernisbaan! Oor die volgende 13 dae bestudeer ons die geestelike oefenprogram wat nodig is om die pad vorentoe te voltooi. Hetsy jy so pas die Here begin volg het, of al 'n gesoute gelowige is, is hierdie "oefenplan" vir jou!

Regverdiging: 'n Studie oor Romeine
16 Dae
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.
