Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 21:4

Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en Koning
4 dae
Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

Die Groter Prentjie - Nuwe Skepping
4 Dae
In hierdie 4-dag leesplan verken ons die uiteinde van God se groot verhaal: die Nuwe Skepping. Die Bybel is nie ’n versameling los stories nie, maar 'n verhaal wat in sy geheel gelees moet word. Die laaste beweging is nie die vernietiging van die wêreld nie, maar die glorieryke herstel daarvan. Ons kyk na hoe Jesus alles nuut maak, die kontinuïteit tussen die eerste skepping en die laaste, en wat ons rol as verloste mense in hierdie nuwe werklikheid is. - PC Pretorius

Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa Terkeurst
5 Dae
Sê jy ook partykeer vir jouself: "Dis nie hoe ek gedink het dit sou uitwerk nie"? Of dit nou 'n verhoudingskrisis is, of jy 'n geliefde verloor het, dit 'n onverklaarbare siekte is en of jy deur 'n moeilike lewensomstandigheid gaan, Lysa TerKeurst verstaan en nooi jou uit om vir hierdie 5-dag leesplan by haar aan te sluit. Saam sal ons leer waar teleurstellings vandaan kom en om die onverwagte krag te ontdek wat jy nodig het om moeilike tye op 'n Bybelse manier aan te pak.

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie
5 Dae
Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.

Die Bonatuurlike Lewe
5 Dae
Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel belowe word. Hierdie 5-dag leesplan sal jou uitdaag om doelbewus te leef — en glo dat sy onsigbare hand in jou omstandighede besig is.

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou
5 Dae
Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Vertroosting wanneer jy alleen en oorweldig voel
5 Dae
Die lewe bring soms seisoene van pyn, verlies en teleurstelling. In sulke tye kan ’n mens maklik alleen en oorweldig voel. Maar die Bybel herinner ons aan ’n belangrike waarheid: God laat ons nooit alleen in ons swaarkry of tye van eensaamheid nie. Hierdie 5-dagleesplan sal jou herinner aan die goedheid en getrouheid van God en dat Hy by jou is, dat Hy jou dra, en dat daar by Hom altyd hoop is. Hy is die Een wat jou waarlik vertroos.

Een Minuut Na Jou Dood
6 dae
C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood gaan gebeur, kan alles vir altyd verander. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan wat saamgaam met Pastoor Craig Groeschel se nuwe reeks, Een Minuut Na Jou Dood.

Van Angs na Vrede
6 dae
As jy agterkom dat jy voortdurend met bekommernis en angs sukkel, is hierdie leesplan net vir jou. Daar sal nie 'n kitsoplossing wees wat 100% vrede waarborg nie, ook sal nie elke ding wat angsverwant is aangespreek word nie. Nietemin, die beginsels in hierdie leesplan bied roetes tot oorwinning aan indien jy daarvolgens lewe. Jy word uitgenooi om hierdie reis van angs na vrede te begin.

Waaroor gaan Paasfees?
6 Dae
Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog steeds die dag. Wat beteken dit egter alles vir jou? Hierdie leesplan sal jou help om die geheimenisse van die prag van Paasfees te verstaan!

Liefde en Verlies
6 Dae
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.

Oor Niks Bekommerd
7 dae
Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "Anxious for Nothing" vergesel word.

Verlore Vrede
7 Dae
Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-dag leesplan wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks vergesel word, sal ons ontdek hoe om daardie verlore vrede waarna ons almal smag weer te vind.

Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplan
7 Dae
Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Groei elke dag
7 Dae
In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

Ek Voel Verwerp
7 Dae
Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
7 Dae
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?

Hartseer Oorlewende
8 Dae
Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Survivor", Beth Marshall, verstaan dit. Nadat sy mense van haar nabye familie verloor het, het sy besef verdriet is harde werk! Hierdie leesplan, geskoei op die boek "The Grief Survivor," sal jou aanmoedig om te skryf, en die Here te vertrou om te doen wat net Hy kan doen — om 'n lewe te herstel wat met vreugde gevul is!

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte Tye
8 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.

Die Toegeruste Kerk
8 Dae
Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roeping uitleef wat nie nutteloos is bloot omdat die wêreld in die moeilikheid gedompel is nie, maar juis nou nog belangriker is om die ingrypende liefde van Christus aan die kwesbaarste in ons wêreld te bewys.

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die Skrif
9 Dae
Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.