Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 139:15

Alles Wat Ek Nodig Het
3 Dae
God gaan voor ons uit en beskerm ons van agter. Hy is alreeds besig om ons gevegte te hanteer. Hy kan sien wat in ons blindekol aangaan. Hy word nie deur onverwagse gebeure verras nie. Hierdie 3-dag leesplan sal jou bemoedig met die waarheid dat God die Voorsiener is van presies wat jy vir jou lewe nodig het.

Wie jy is
4 dae
Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge wat ons definieer. Wie is ek werklik? Aan watter standaarde moet ek myself meet? Wat sê God oor my? Kom ons soek weer jou eie, unieke sprankel! Deur Halrika Breytenbach.

Chazown saam met pastoor Craig Groeschel
5 Dae
Chazown — 'n Hebreeuse woord vir visie, is wat God in gedagte het vir jou lewe. Om jou chazown te ontdek, begin met die ondersoek van jou kernwaardes, geestelike gawes en vorige ervarings. Hierdie leesplan sal jou help om algemene temas te identifiseer, duidelikheid te bring oor jou unieke passies, en jou te lei na die doel wat God net vir jou het. Begin om vandag jou volgende stappe te beplan om God se visie — sy chazown — vir jou lewe na te streef!

Om 'n Maria-hart in 'n Marta-Wêreld te Hê
5 Dae
Dikwels voel ons asof ons nie genoeg doen nie. Dan voel ons skuldig omdat ons veronderstel is om ook stiltetyd met God te hê — wanneer ons dinge stadiger probeer doen, is ons harte en gedagtes steeds besig. Die verhaal van Maria en Marta bied vir ons leiding sowel as genade in hierdie spanning. Dit is 'n verhaal van twee susters. 'n verhaal vir elkeen van ons.

Verhoudingsdoelwitte
5 Dae
As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pastoor Michael Todd het hierdie boek geskryf: "Relationship Goals: How to Win at Dating, Marriage, and Sex", oor hoe om verhoudingsdoelwitte te hê wat van God af kom en wat in lyn is met wie Hy ons gemaak het om te wees.

Om Empatie te Betoon
5 Dae
Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leesplan. Ons sal kyk wat die Bybel van empatie sê en hoe ons daarin kan groei om die hande en voete van Jesus te wees.

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou Lewe
5 Dae
Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê". Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarheid, sal ons selfs beter weergawes van onsself word soos ons Jesus volg.

Ontwaak en Skyn
5 Dae
Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien wanneer jy sélf sukkel om die lig te sien. Hierdie leesplan ondersoek hoe ons ligte vir Jesus kan wees, selfs wanneer ons eie leefwêrelde donker voel.

My Groot Vet Mond
6 Dae
Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, net soos jy, die regte woorde kry in hierdie nuwe leesplan van Life.Church wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se reeks: "My Big Fat Mouth".

Ongewone Raad
6 dae
Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Hartseer Happe: Twyfel Onthul
7 Dae
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

Blaas Geestelike Passie In Jou Huwelik
7 Dae
In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe na ander te versprei.

Dapper Gebede
7 Dae
God is altyd goed, maar dit beteken nie dat Hy altyd veilig is nie. Hierdie Life.Church leesplan daag lesers uit om drie dapper gebede te bid: deursoek my, stuur my en breek my. Waag dit om vandag te begin lees, en jou lewe sal 'n vreesaanjaend-goeie wending neem.

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê
7 Dae
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.

Wees Versigtig Waaroor Jy Dink
7 Dae
Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons moet so lewe nie. Hierdie leesplan sal jou help om die waarhede van Fillipense hoofstuk 4 te leer. Dit sal jou help om versigtig te wees waaroor jy dink!

Afhanklik – en Dis Oukei
7 hari
Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer spaar nie, maar God se beste in ons lewens beleef. Hierdie sewe oordenkings kom uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het Nie
7 Dae
Ons almal het ‘n voorstelling van hoe ons dink ons swangerskap en die geboorteproses gaan verloop. Wanneer die realiteit ons voorstelling weerspreek, kan dit intense hartseer veroorsaak. Of die geboorteproses moeilik was, en of jou baba in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem moes word, jou verhaal is vir God belangrik. Hierdie leesplan, uit die oogpunt van ‘n mamma wat ervaring met neonatale intensiewesorg het, sal jou ondersteun om uiting te gee aan die hartseer vanweë 'n swangerskap en geboorteproses wat jy nie kon ervaar het nie, maar wel vir jou hoop vir die toekoms bied en die seer sal genees.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Here, help my praat
7 Dae
Sukkel jy om te bid of om met mense te praat? Dalk is dit vir jou moeilik om hardop te bid. Omdat God so lief is vir jou, het hy vir jou die Heilige Gees gegee om jou te help. Hy verstaan jou so goed — daarom het Hy alreeds die perfekte oplossing vir jou. Vertrou Hom daarvoor.

Die sin van die lewe
7 Dae
Navorsing toon dat een van die belangrikste vrae waarmee mense vandag worstel, die vraag na die sin van die lewe is. Kan die lewe sinvol wees? Hierdie leesplan is 'n Bybelse antwoord op die 4 belangrikste vrae wat mense vra om die sin van die lewe te verstaan.

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel
7 Dae
Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte Tye
8 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.

Wat Jesus gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

Pragtige Swangerskap
9 Dae
Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.

Vind Vrede
10 Dae
Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende gemoedsrus te verkry, en bemagtig jou om oplossings te vind vir die berou van die verlede, om daaglikse bekommernisse te oorbrug en hoe om jou vrees vir die toekoms te oorkom.