Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 3:10

Ek Is Vrygewig
4 dae
Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Lewe Veranderd: Voorsiening
5 Dae
Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, selfs tot in die kleinste besonderhede. Hierdie 5-dag leesplan verken verhale van God se voorsiening, hoe om jou geloof te versterk en jou aan te moedig om God eerste in jou finansies te stel.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening
6 dae
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig
7 Dae
Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met ons finansies dien? In hierdie 7-dag leesplan, kyk ons na ware verhale van gewone mense wat leer hoe om beheer oor hul begrotings te neem en meer vrygewige lewens te lei.

Ontwikkel Leierskap met Bybelse Wysheid
8 Dae
Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vinnig ontwikkel, werkgewer- en spandinamika wat verander en die wisselende ekonomie, is maar net party van die kwessies waarmee ons te doen kry. Moet egter nie dink dat leierskapsontwikkeling net vir die werkplek is nie. Ons moet ook ons leierskap by die huis en in ons verhoudinge ontwikkel. Begin vandag en kry praktiese, relevante leierskapsinsig.

Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit Spreuke
10 Dae
Dave Ramsey is iemand met 'n gesaghebbende mening oor geld en besigheid in Amerika. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se metodes te ondersoek om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik met hul geld te wees sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat.

Wilde Lewe — Begin Werklik Lewe
12 Dae
Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.