Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:3

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid
5 dae
Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.

WARE DEUG: Herfokus op dit wat die Meeste Saak Maak
6 dae
Voel dit vir jou of jou lewe op outomaties gestel is? Dan is dit tyd om te herfokus op die dinge wat werklik saak maak. In hierdie 6-dag leesplan wat op pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "True Virtue" gebaseer is, sal ons ontdek hoe om verby leë deugde te beweeg na 'n vol lewe wat God eer en ander inspireer.

Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
7 Dae
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Geanker in geloof
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.

Die Nalatenskapsreis
31 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.