Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:17

Leer Geestelike Beginsels
4 dae
Met hierdie leesplan sal jy en jou kinders geleentheid kry om vier geestelike beginsels te ontdek: vas, meditasie, Bybelstudie en aanbidding. Jy sal aangemoedig word om eerlike gesprekke te hê oor die uitdagings of beoefening van hierdie beginsels. Deur middel van samespel en nadenkende aktiwiteit, sal jy hierdie beginsels as voorregte leer ken, eerder as roetine take. Elke dag sluit 'n gebed voorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius
4 Dae
Matteus 6 vorm deel van Jesus se Bergpredikasie en fokus op die innerlike motiewe agter godsdienstige praktyke. In hierdie hoofstuk leer Jesus dat ware geregtigheid nie gaan oor uiterlike vertoon nie, maar oor opregte gehoorsaamheid voor God, selfs (en veral) as niemand kyk nie. Hierdie leesplan van vier dae help jou om Matteus 6 deeglik te verstaan: wat dit beteken om voor God te leef, nie vir die goedkeuring van mense nie; en hoe ware geestelike volwassenheid in die verborge plek gevorm word.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd
7 Dae
Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy gedurende Lydenstyd kan beoefen om jou hart te help voorberei vir Opstanding Sondag — en daarna.

Fokus Op Vas
7 dae
Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom dit waardevol vir alle Christene is om dit deel van hulle Christelike leefwyse te maak.

Om Rus in die Lewensritmes te Vind
10 Dae
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

21-Dae Vas
21 Dae
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie leesplan sluit 'n verskeidenheid Skrifgedeeltes oor vas in en ander wat jou aanmoedig tot nadenke, en om nader aan God te kom. Jy sal oor die verloop van 21 dae 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en vrae vir nadenke. Vir meer inhoud, gaan na www.finds.life.church.

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Herontdek die Kersfeestyd
25 Dae
Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
