Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:37

Alles wat jy moet weet oor GEBED: Vrae & Antwoorde
4 Dae
Het jy vrae oor gebed? In hierdie 4-dag leesplan kry jy eenvoudige, Bybelse antwoorde oor God se luister, struikelblokke wat gebed kan belemmer, volharding, herhalende gebed, en wat om te doen wanneer God stil voel. Kom leer om met vrymoedigheid te bid, jou hart te ondersoek, en God met die uitkoms te vertrou.

Waarom antwoord God nie my gebed nie?
7 Dae
Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.

Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Duik Diep 14
14 Dae
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

Gebed
21 Dae
Leer hoe om te bid, deur gebruik te maak van die gebede van gelowiges en die woorde van Jesus. Vind bemoediging daarin om op 'n daaglikse en gereelde basis jou versoeke, met deursettingsvermoë en geduld, na God te neem. Weeg die voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede op teenoor opregte gebede van persone met rein harte. Bid gedurig.