Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:33

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?
5 Dae
Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit verskillende Bybelverhale ontdek, soos wat ons dit ontvang en ook aan ander gee.
Hoekom Het Ek My Werk Verloor as God My Lief Het?
7 Dae
As jy een van die miljoene Suid-Afrikaners is wat in die middel van 'n loopbaanoorgang is, is die kans goed dat jy ontmoedig is oor hoe moeilik dit is om werk te kry. Prakties en inspirerend sal elke dag se oordenking van hierdie leesplan jou help om waardevolle persoonlike groei by God te vind gedurende hierdie oorgangstyd. Geneem uit Rick Pritikin se boek met dieselfde titel, sal hierdie 7-dag leesplan jou help om fokus en betekenis te vind.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie
9 Dae
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.