Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 1:12

Die invloedryke werk van die Heilige Gees
3 Dae
O, die wonder van die Heilige Gees! Hierdie drie-dag-leesplan begelei jou om na te dink oor drie heerlike waarhede ten opsigte van die werksaamhede van die Heilige Gees. Ontdek hoe die Heilige Gees die deurslaggewende getuienis lewer dat jy 'n kind van God is. Ontdek die krag wat die Heilige Gees jou gee om van Jesus te getuig. Ontdek hoe die Heilige Gees jou ondersteun en in jou guns optree. Kortom, ontdek die invloedryke werk van die Heilige Gees.

UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As Man
5 Dae
Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigologiese en emosionele uitwerking van vaderlose kinders te betaal, of om soveel mishandelde en verwaarloosde vrouens te versorg nie. Indien ons maatskaplike euwels wil oplos, sal ons 'n paar ongewone benaderings nodig hê. Ons sal mans benodig wat hul ware identiteit in Christus verstaan.

Bekend — 'n Vyfdag leesplan deur Tauren Wells
5 Dae
My nuwe lied getiteld "Known," is baie betekenisvol vir my geloofsreis. My begeerte is dat ons almal eendag gewillig sal wees om te stap van hopeloosheid na hoop, van seer na genesing en van worsteling na oorgawe — dat ons om ons en na die voet van die kruis sal kyk, mekaar sal sien en hoor hoe Jesus ons vertel dat ons nie alleen is nie. Dankie dat jy my op hierdie reis vergesel. -Tauren Wells

God se Genade
5 Dae
Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se genade nodig, ongeag hoe goed of sleg ons keuses is. In hierdie leesplan gaan ons leer hoe om genade-gevulde lewens te lei.

Lewe Veranderd: Binne die Huwelik
5 Dae
Daar is nie iets soos die perfekte huwelik nie, want die huwelik is die samevoeging van twee onvolmaakte mense. Met God se hulp kan jy egter 'n wonderlike huwelik hê – nie deur Hom te vra om jou huweliksmaat te verander nie, maar deur Hom te vra om in jou hart werk. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om genesing, vrede en vertroue in Christus te vind sodat jy jou huweliksmaat kan liefhê en jou huwelik kan herskep.

Infinitum Familie Advent, Week 1
5 Dae
Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur God Verras Word. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis ten beste saam met ander onderneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Infinitum Gesin Advent, Week 3
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy in die Adventstyd in beweeg.

Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Vyf Gebede van Nederigheid
5 Dae
Het jy meer van God se genade, guns en seën nodig? Bid dan hierdie vyf eenvoudige gebede van nederigheid, en vra die Here om aan jou guns te bewys en jou te help. Hy sal jou gebed verhoor; Hy gee genade aan die nederiges! En as jy jou voor die Here verootmoedig, sal Hy jou ophef.

Jesus het vir jou gedoen wat jy nie vir jouself kan doen nie
5 Dae
God begeer om met alle mense in 'n verhouding te staan. En die goeie nuus is dat Jesus Christus alles gedoen het wat nodig is, sodat dit moontlik kan wees. In hierdie 5-dagleesplan skenk ons aandag aan God se liefde, Jesus se verlossingswerk aan die kruis, sy opstanding uit die dood en die uitnodiging om ware lewe in Hom te vind. Hoe gaan jy reageer op hierdie uitnodiging wat ewige nagevolge sal hê?

Op vlerke van geloof
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.

Uit Die Beek 2020
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.

Daaglikse Godpreneur: Paasfees Leesplan
7 Dae
Hoe beïnvloed die gebeure van Paasfees jou entrepreneurs-reis? Ontdek hoe om jou onderneming te laat groei en nader aan Jesus te kom in hierdie 7-dag leesplan.

Wees Veilig by God
7 dae
Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. Hierdie 7-dag groeiplan help jou om te kan sê: “Kom ons vier die regte dinge in die lewe.” Dit wil jou oortuig dat jy ín God veilig is.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

Ek volg Jesus
7 Dae
Jy het Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aangeneem. Baie geluk met die groot stap wat jy gedoen het. Welkom in God se ewige familie. Maar wat nou? In hierdie sewedagleesplan gesels ons oor die vaste wete en sekerheid van jou saligheid en wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus Christus te wees. Geniet die asemrowende reis en avontuur om ‘n kind van God te wees.

Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.

Lief Vir Jou Man-uitdaging
9 Dae
Liewe Suster, verlang jy daarna om nader aan jou man te groei? Voel dit of jou huwelik vaal raak en herlewing nodig het? Dalk verlang jy na meer doelgerigtheid as vrou? Sluit aan by die Hulpklub vir Ma’s-gemeenskap terwyl ons kragtige Skrifgedeeltes ontdek en nuwe gewoontes aanleer om ons mans reg lief te hê. Ons hoop jy sal by ons aansluit! Jou huwelik sal nooit weer dieselfde wees nie!

Wie Ek In Christus Is
10 Dae
Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is — nie wat ons doen nie, en beslis ook nie van wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgelinge van Christus, is noodsaaklik in ons lewenswandel met Jesus. As ons weet wie ons is, sal ons weet wat om te doen.

Ons Daaglikse Brood - Bybelse Grondbeginsels
12 Dae
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.
