Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 32:17

God se Vrede
4 Dae
Die Woord van God belowe vrede "wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). In hierdie 4-dag leesplan kan jy en jou kinders die areas in julle lewens, waar julle vrede kan ervaar, van nader bekyk. Elke dag sluit 'n gebedsvoorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.

Vrede is 'n Persoon
5 Dae
Is jy soekend na 'n lewe van vrede en beskerming teen die chaos van jou wêreld? Smag jy na 'n lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings en geskille? Dis ons almal se wens, maar hierdie idee is ver van die werklikheid af. Ontdek in hierdie 5-dag leesplan dat vrede nie die afwesigheid van probleme of moeilikhede is nie. Vrede is die aanwesigheid van Jesus. Vrede is 'n Persoon.

Stand van Geregtigheid
5 Dae
As ek die woord “geregtigheid” verstaan, besef ek dat ek nie deur myself geregverdig kan word nie, maar dat ek alleenlik deur Jesus Christus geregverdig kan word. In hierdie 5-dag-leesplan kyk ons na wat die woord geregtigheid beteken, hoe jy die verkry en hoekom dit nodig is.

Trapklippe Na Shalom
12 Dae
In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om die goeie in die ander te sien, en dan nie slegs om langs mekaar te woon nie, maar tussen mekaar ter wille van 'n hoër doel. Hierdie leesplan verken 12 verskillende "trapklippe" wat ons kan lei om shalom in ons lewens te bereik.

Die Selfversekerde Vrou Oordenking
14 Dae
Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle die selfvertroue verloor het wat God wil hê jy moet geniet. Jy voel dalk dat jy op een of ander manier "minder" as mans is. Minder waardevol. Minderwaardig. Die waarheid is, jy is baie waardevol vir die samelewing, maar nog belangriker — vir God. God wil hê dat jy moedig, gerespekteer, bewonder, bevorder, gesog en bowenal, geliefd moet wees. En jy kan! Hierdie daaglikse oordenkings sal jou lei na 'n selfversekerde lewe gevul met liefde, lag en sy aanvaarding. Skryf daarop in. Kleurmerk dit. Maak die reis jou eie.

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
30 Dae
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.