Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 2:21

Every Nation Faith City - Stemme
4 dae
Stemme is oral om ons, en elkeen soek ons aandag. Daagliks word ons gekonfronteer met baie verskillende stemme, asook die keuse, na wat se stem luister ek vandag? In hierdie tyd van toewyding gaan ons kyk hoe om die stem van God beter te hoor!

Follow, Fellowship, Fish
4 Dae
Elke kind van God is geroep om Jesus te volg, verhouding te bou met ander gelowiges, en verlorenes te bereik met die Goeie Nuus. Gelukkig hoef ons nie hierdie te doen deur ons eie krag nie, of op ons eie nie! Hierdie leesplan gaan jou bemoedig en uitdaag om te 'Follow', 'Fellowship' en 'Fish'.

Hou Op Om Kerk Toe Te Gaan
5 Dae
Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike geleentheid om te sien wat die Bybel oor kerkwees sê. Begin met hierdie Life.Church leesplan om Pastoor Craig Groeschel se reeks "Stop Going to Church" te volg.

Tony Evans Onderrig Oor Hebreërs
5 Dae
In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op te gee nie. Dus, as jy al ooit moedeloosheid in jou geloofsreis beleef het, dan is dit die boek wat jy moet bestudeer om bemoediging en hoop te vind om die wedloop van geloof goed te voltooi.

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent Toewyding
5 Dae
Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog belangriker, vrede met God. Sluit in hierdie Adventtyd by ons aan om die vrede te ondersoek wat Christus gebring het.

Die Ten Diepste Gevormde Lewe
5 Dae
Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

God Is _______
6 dae
Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.

Soek Skuiling: God se Hart Vir Vlugtelinge
7 Dae
Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan is aangepas uit "Seeking Refuge: On the Shores of the Global Refugee Crisis".

Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings
4 dae
Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar meer as 300,000 kerke. Dit beteken, week na week is daar 300,000 preke, aanbiddingsdienste en byeenkomste. Waarom sien ons dan nie 'n groter invloed op die kultuur nie? In hierdie vier-dag leesplan gaan dr. Tony Evans die ware kerk bespreek en hoe dit ons kultuur ten goede kan beïnvloed.

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie
9 Dae
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.
