Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 16:28

Filippense
5 Dae
Indien jy in 'n tronk — 'n kerker — sit omdat jy van 'n misdaad aangekla word wat jy nie gepleeg het nie, wat sal jy vir jou vriende skryf? Paulus se brief aan die Filippense kerk openbaar 'n man wat met vreugde vervul is — al sit hy in 'n Romeinse tronk. Filippense is 'n kragbron van moed en vreugde ten aanskoue van erge beproewings. Sluit aan by Kris Langham terwyl hy jou deur die boek, Filippense, lei.

Treur met Oorgawe
6 Dae
Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp.

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag leesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Herstel: Luukse Leesplan
18 Dae
Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.