Paasfees!预览

Paasfees!

7天中的第7天

Paasfees en Pinkster

Vraag vir die dag: Hoeveel dae ná Paasfees word Pinkster gevier?

Paasfees en Pinkster is belangrike Bybelse feeste. Die Ou-Testamentiese pasga is ingestel toe God die Israeliete se oudste seuns gespaar het terwyl Hy die Egiptenare se oudste seuns met die dood getref het. Dit is God se optrede wat sy mense uit slawerny gered en hulle uit Egipte na die beloofde land gelei het. Die Nuwe-Testamentiese gebeurtenis van Pinkster was ’n belangrike aanduiding van God se sorg vir Israel ná die Paasfees. Sewe weke ná die Paasfees het God se mense Sjavuot gevier. Sjavuot is Hebreeus vir “sewe weke”. Die Engels vir Pinkster is Pentecost, wat van die Grieks vir 50 dae kom. Tydens hierdie fees het Israel ’n tiende van hulle oeste gebring om vir God dankie te sê vir wat Hy vir hulle voorsien het.

Jesus is tydens Paasfees gekruisig as die offerlam wat geslag is om die hele mensdom te red. Sewe weke later is die Heilige Gees tydens Pinkster uitgestort om die mense te herinner aan wat God gedoen het en om die kerk voor te berei op wat sou kom.

Hoe help ’n begrip van die feeste van die Ou Testament jou om die Nuwe Testament beter te verstaan?

Antwoord vir vraag van die dag: 50

Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL-TRIVIA DAGBOEK © Christelike Uitgewersmaatskappy.

读经计划介绍

Paasfees!

Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus, is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. In hierdie 7-dag leesplan kan kinders en tieners meer leer oor Jesus en Paasfees met ’n Bybelvraag en nadink-vraag by elke stukkie wat ideaal vir besprekings rondom Paasfees is.

More