Paasfees!预览

Paasfees!

7天中的第4天

Hande was

Vraag vir die dag: Wie het sy hande gewas om te wys hy is onskuldig aan Jesus se kruisdood?

Pilatus het geweet Jesus is onskuldig. Hy was bekommerd daaroor dat die Joodse leiers Hom wou doodmaak. Die skare wat buite sy paleis geskree het dat Jesus gekruisig moes word, het hom ontstel. Hy was verbaas dat die mense ’n moordenaar, Barabbas, vrygelaat wou hê in plaas van Jesus, wat onskuldig was. Hy was ontsteld toe sy vrou ook sê hy moet niks met daardie onskuldige man te doen hê nie, want sy het ’n nagmerrie oor hom gehad.

Toe hy vir Jesus moes vonnis, het Pilatus homself van enige skuld probeer vrystel. Hy het ’n bak water laat kom en sy hande voor die skare gewas as ’n teken van sy onskuld. Toe het hy beveel dat Barabbas vrygelaat word en Jesus met ’n sweep met loodhakies aan die punt geslaan moet word voordat Hy gekruisig word.

Lees Romeine 3:23-25. Wat dink jy van onskuld, skuld en vergifnis?

Antwoord vir vraag van die dag: Pontius Pilatus

读经计划介绍

Paasfees!

Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus, is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. In hierdie 7-dag leesplan kan kinders en tieners meer leer oor Jesus en Paasfees met ’n Bybelvraag en nadink-vraag by elke stukkie wat ideaal vir besprekings rondom Paasfees is.

More