Paasfees!预览

Paasfees!

7天中的第5天

Vroue by die kruis

Vraag vir die dag: Wie was die vier vroue wat by die kruis gebly het nadat Jesus gekruisig is?

Die groot getalle mense wat tydens sy bediening vir Jesus gevolg het, het Hom almal verlaat tydens sy verhoor en kruisiging. Net ’n handjievol volgelinge was by die kruis. Johannes vertel in sy Evangelie, vier vroue het tot die bitter einde by Jesus gebly. Dit was Jesus se ma, sy ma se suster, nog ’n vrou met die naam Maria wat met Klopas getroud was en Maria Magdalena.

Toe Jesus sy ma sien, was Hy baie hartseer. Dit moes vir haar baie moeilik gewees het. Daar waar Hy aan die kruis gehang het, het Hy ook vir Johannes gesien, die lieflingdissipel. Jesus sê toe vir sy ma: “Vrou, dáár is u seun.” En vir Johannes: “Kyk, dáár is jou ma.” Die Evangelie sê van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom laat bly.

Wat dink jy het deur hierdie vier vroue se gedagtes gegaan toe hulle by die kruis staan?

Antwoord vir vraag van die dag: Jesus se ma, sy ma se suster, Maria die vrou van Klopas, Maria Magdalena

读经计划介绍

Paasfees!

Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus, is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. In hierdie 7-dag leesplan kan kinders en tieners meer leer oor Jesus en Paasfees met ’n Bybelvraag en nadink-vraag by elke stukkie wat ideaal vir besprekings rondom Paasfees is.

More