Paasfees!预览

Gesag om te dien
Vraag vir die dag: Jesus het geweet die Vader het Hom oor alles mag gegee. Wat het Hy toe gedoen?
Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. Hy kon vereis het dat mense Hom volg. Hy kon mense gedwing het om onderdanig te wees. Hy kon sy heerlikheid geopenbaar het en die sondige mensdom vernietig het. Hy het egter gedien. Johannes vertel Hy het sy bo-kleed uitgetrek en ’n doek om sy lyf vasgemaak. Hy het ’n bak water geneem en van persoon tot persoon gegaan en hulle voete gewas.
Al 24 voete van die dissipels is deur die Here gewas. Judas sou hom verraai, en tog is sy voete gewas. Jesus het geweet Petrus sou Hom verloën, maar Hy het sy voete gewas. Jesus het die voete gewas van almal wat gesê het hulle het Hom lief, maar Hom in die steek sou laat toe Hy verhoor en geslaan is. Jesus het gehoorsaam geword eerder as om gehoorsaamheid te vereis. Hy was gehoorsaam tot die dood aan die kruis. Hy het sy kleed van heerlikheid uitgetrek sodat Hy verheerlik kon word.
Lees Filippense 2:1-11. Wat omtrent Jesus se dienskneg-hart raak jou nou die diepste?
Antwoord vir vraag van die dag: Hy het sy dissipels se voete gewas
读经计划介绍

Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus, is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. In hierdie 7-dag leesplan kan kinders en tieners meer leer oor Jesus en Paasfees met ’n Bybelvraag en nadink-vraag by elke stukkie wat ideaal vir besprekings rondom Paasfees is.
More