Paasfees!预览

Seuns van Simon
Vraag vir die dag: Wat was die name van Simon van Sirene se seuns?
Die enigste persoon in die wêreld wat Jesus se kruis gedra het, se naam was Simon van Sirene. Ons weet baie min van hom, behalwe wat ons uit die paar verse in die Bybel kan leer. Ons weet Romeinse soldate het hom gedwing om Jesus se kruis te dra toe Jesus op pad was om op Golgota gekruisig te word. Ons weet hy was van Sirene, ’n Griekse stad in noord-Afrika, wat nou Libië is. In daardie tyd het baie Jode in Sirene gewoon.
In Markus leer ons ook dat hy twee seuns gehad het en dat hulle name Aleksander en Rufus was. Dit laat ons dink dat Markus se oorspronklike lesers dalk vir Aleksander en Rufus geken het. Daar is kenners wat wonder of Simon se seun Rufus dieselfde persoon is vir wie Paulus in Romeine 16:13 groete stuur.
Wat kon Simon van Sirene ervaar het terwyl hy Jesus se kruis gedra het? Watter impak moes dit op sy twee seuns gehad het? Watter impak het dit op toekomstige geslagte om die kruis te dra?
Antwoord vir vraag van die dag: Aleksander en Rufus
读经计划介绍

Een van die mees ingrypende waarhede oor Jesus, is dat Hy die aand voor sy kruisiging, al het Hy geweet dat Hy oor alles en almal mag het, nogtans gekies het om mense te dien. In hierdie 7-dag leesplan kan kinders en tieners meer leer oor Jesus en Paasfees met ’n Bybelvraag en nadink-vraag by elke stukkie wat ideaal vir besprekings rondom Paasfees is.
More