DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

40天中的第38天

Die leë graf

Die opstanding van Jesus Christus is die spilpunt van ons geloof. Die leë graf is die waarskynlik die kragtigste bewys dat Jesus die dood oorwin het. Meer as 2 000 jaar later herinner ons onsself dat hierdie oorwinning nie net ‘n historiese gebeurtenis is nie, maar ‘n lewende werklikheid wat ons daagliks vorm.

Te midde van die dreigende oordeel oor Jerigo het Ragab op God se almag vertrou. Soos die rooi tou wat Ragab uit haar venster gehang het en haar familie gered het van vernietiging, so red die opstanding van Jesus ons van die ewige dood en bring dit nuwe lewe. Die werklikheid van Jesus se opstanding vind ons in die woorde van die engel vasgevang:

“Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het. Kom kyk, hier het sy liggaam gelê” (Matteus 28:6, NLV).

Die opstanding van Jesus herinner ons weereens daaraan dat ons nie meer slawe van vrees, sonde of dood is nie. Omdat die graf leeg is, het ons die volgende beloftes:

  • Vryheid van skuld: Jesus se oorwinning beteken dat ons sonde volkome vergewe is. Ons kan in vryheid en vrede leef.
  • Krag vir die hede: Die opstanding gee ons krag om elke dag in oorwinning te lewe, ongeag ons omstandighede.
  • Hoop vir die ewigheid: Die leë graf verseker ons dat die dood nie die einde is nie, maar die deur na ‘n ewige lewe met God.

Soos Ragab ‘n veilige toevlug gevind het in haar geloof in God, kan ons met vertroue na die opstanding kyk en weet dat Jesus ons ewige toevlug is.

Gebed

Here Jesus, ons loof en prys U vir die leë graf, vir die oorwinning wat U aan die kruis behaal het en vir die nuwe lewe wat U deur u opstanding bring. Dankie dat U die dood oorwin het en ons deel laat wees van u triomftog. Help ons om elke dag in die lig van u opstanding te leef — met vryheid, krag en hoop. Mag ons lewe ‘n getuienis wees van u oorwinning. Amen.

读经计划介绍

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.

More