DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

Die pyn wat genade bring
Jy kan nie die verhaal van Ragab in Josua 2 lees sonder om bewus te raak van die onderliggende pyn van haar geskiedenis wat deel uitmaak van haar realiteit nie. Sy het die pyn van skeiding van haar mense ervaar, die risiko van blootstelling aan die koning se soldate ervaar en die onsekerheid van haar toekoms beleef.
Tog het haar geloof haar beweeg om te vertrou op die God van Israel en sy verlossing. Hierdie geloof het nie sonder koste gepaard gegaan nie. Ragab moes die pyn, spanning en onsekerheid van haar keuse dra voordat sy die beloning van genade en redding ervaar het. In haar verhaal sien ons 'n skadu van die openbaring van genade in Jesus Christus, wie se pyn en offer ons verlossing moontlik gemaak het.
Jesus het sy hemelse heerlikheid verlaat en die grootste vernedering en ondraaglike pyn van die kruis verduur, alles met die doel om ons vry te koop. Hy, die onskuldige Lam van God, is veroordeel as 'n misdadiger. Hy is deurboor vir ons oortredinge en verbrysel vir ons ongeregtighede. Hy het gesmag na water, maar het asyn ontvang. Sy lyding was nie sonder koste nie.
Dit was 'n duur prys wat ons skuld vereffen het, ons sonde afgewas het en ons verhouding met God herstel het. Deur Jesus se pyn ontvang ons vrede en deur sy wonde word ons genees – nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik. Jesaja het hierdie waarheid eeue voor sy koms voorspel: “Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word” (Jesaja 3:5, NLV).
Jesus se lyding herinner ons dat ware redding 'n prys vra. Hy het pyn gekies sodat ons vry kan wees. Sy keuse was die pad van die kruis – die enigste weg tot redding. In daardie pyn het Hy vir ons onmeetlike hoop gebring. Sy lyding het die poorte van die hemel oopgemaak vir elkeen wat in Hom glo en sy genade aanneem.
Mag ons nooit die kosbare waarde van hierdie offer vergeet nie, en met dankbaarheid leef in die genade wat Hy vir ons moontlik gemaak het. Wees bereid om opofferings te maak en ongemak te verduur op jou pad van gehoorsaamheid aan God. Laat Jesus se offer jou inspireer om in geloof te volhard, wetende dat sy pyn jou lewe verander het.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U bereid was om die pyn aan die kruis te verduur om my te red. Help my om die prys van dissipelskap te aanvaar en U met ’n gewillige hart te volg. Gee my die moed om, soos Ragab, te volhard en op u verlossing te vertrou, selfs in tye van onsekerheid en opoffering. Amen.
读经计划介绍

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More