Blywende Hoop预览

Bou Volharding
Lees: Jakobus 1:2–8, 12
SOAP: Jakobus 1:2–4
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom sonder enige tekortkoming.
Oordenking
Hoop is die vertroue om op God te wag wannneer ons nie die toekoms kan sien nie. Soms het daardie wag ‘n voorspelbare einddatum – soos die voltooiing van ‘n projek of die geboorte van ‘n baba. Soms voel daardie wag eindeloos soos om vir ‘n huweliksmaat te wag of te wag vir genesing van chroniese pyn, maar wanneer ons wag bou ons volharding.
Ons weet dat ons as gelowiges in Christus uiteindelik op sy wederkoms wag en wag om die ewigheid saam met Hom deur te bring. Terwyl ons wag op die volheid van verlossings, bou ons volharding. Al die dinge waarvoor ons intussen wag bou ook volharding in ons.
Het jy al ooit ‘n maraton gehardloop of gekyk? Die hardlopers wat eerste eindig lyk skaars moeg nadat hulle 42 km gehardloop het. Hulle het jare deurgebring om volharding te bou. Hulle is gewoond daaraan om vir lang tye lyding te ervaar. Die hardlopers wat aan die einde van die wedloop eindig lyk baie anders. Hulle is bedek met sweet, haal swaar asem en val dalk selfs om (ek weet dit uit ondervinding). Al die hardlopers ding mee in die wedloop. Hulle ontvang almal ‘n wedloop t-hemp en ‘n deelnamemedalje, maar diegene wat beter opgelei is sal met meer gemak en selfvertroue hardloop aangesien hulle weet dat hulle sal klaarmaak.
Die beproewinge wat ons in die lewe in die gesig staar is soos opleiding vir ‘n maraton van ons lewens. Hulle help ons om volharding te bou wat weer karakter en hoop voortbring. Dit neem tyd om volharding te bou. Dit gebeur nie oornag of met een moeilike ervaring nie, maar deur ons volharding deur lyding te bou word ons vervolmaak.
Terwyl ons tydperke van lyding en tydperke van wag verduur, bou God ons om te volhard. Ons kan vertrou dat Hy werk in alles waardeur Hy ons bring. Hy wil nie hê dat ons enigiets tekort kom nie. Hy wil hê ons moet die geloofswedloop hardloop soos die eeste voltooiers van ‘n maraton: vol vertroue, dat ons die wedloop sal kan voltooi vol vreugde.
Om te wag is nie maklik nie, maar God belowe dat as ons volhard Hy ons ‘n kroon van die lewe sal gee. Hou aan om te hardloop. Hou aan om volharding vir die koninkryk te bou terwyl jy voortgaan om in hoop te lewe.
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More