Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第35天

Volhard in Hoop

Read: 2 Korintiërs 4:7–18

SOAP: 2 Korintiërs 4:8–10

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.

Oordenking

Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Volharding hou aan om ons hoop op die goedheid van God te plaas wanneer ons omstandighede vir ons sê om op te gee. Toe Paulus aan die gemeente in Korinte geskryf het, het hy hulle herinner aan hoe volharding gelyk het. Hy het hulle aangemoedig om die lyding wat hulle ervaar te verduur, te bly hoop op wat ewig is en nie op wat hulle kan sien nie.

Om in hoop te lewe is 'n stryd wat voortdurende krag en deursettingsvermoë verg. Die duiwel, sowel as ons eie twyfel en vrese kan ons beïnvloed en ons in die versoeking bring om hoop te verloor. Ons ervaar dalk moeilikheid, maar ons kan steeds in hoop lewe wanneer ons swaarkry. Paulus het die gemeente in Korinte herinner aan die hoop wat hulle gehad het deur hulle te vertel wat waar is: hulle het moeilikheid ervaar, maar nie genoeg om hulle te verpletter nie; hulle was verward oor hul omstandighede, maar nie tot wanhoop gedryf nie; hulle is deur hulle vyande vervolg, maar nooit deur God in die steek gelaat nie; hulle is platgeslaan, maar nie vernietig nie.

Die rede waarom hulle nie verpletter, wanhopig, verlate of vernietig is nie, was dat hulle hul hoop onthou het. Deur die karakter van God en die belofte van Christus te onthou en te glo, het hulle elke dag sy dood saam met hulle gedra. Hulle het nooit opgehou om in die lig van die waarheid te lewe nie. Dit het hulle toegelaat om getuies te wees vir diegene om hulle wat Christus nie geken het nie.

Selfs te midde van lyding kan niks God se voornemens tot niet maak nie. Geen hoeveelheid teenstand, vervolging, swaarkry of lyding kan God se plan verander nie. Terwyl Hy aan ons getrou is kan ons getrou aan Hom wees terwyl ons lyding verduur deur in hoop te volhard. Wanneer ons aanhou om ons geloof in Christus te plaas en sy dood en alles wat Hy vir ons gedoen het onthou, leef ons in oorwinning. Die lyding wat ons vandag verduur is in werklikheid net lig en kortstondig in vergelyking met die uitnemende grootheid van saam met Hom wees. Die uitnemende vreugde om Christus te ken sal altyd groter wees as ons pyn en lyding en groter as ons stryd en hartseer.

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More