Blywende Hoop预览

Memoriseervers:
Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.
Hebreërs 10:35-36
Uitdaging vir die week:
Volharding help ons om ons hoop op die goedheid van God te plaas wanneer ons omstandighede vir ons sê om op te gee. Deur watter omstandighede wandel jy op die oomblik? Is jou omstandighede hopeloos of hoopvol? Hoe kan jy groei in volharding terwyl jy deur hierdie tydperk wandel, hetsy dit vol uitdagings of seëninge is?
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More