Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第33天

Gevestig op Jesus

Lees: Hebreërs 12:1–3

SOAP: Hebreërs 12:1–3

Terwyl ons dan so ‘n skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en die Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

Oordenking

Jesus het voor ons uitgegaan. Hy is die Een wat 'n volmaakte lewe gelei het, vry van sonde en vol gehoorsaamheid aan God. Hy het die ergste versoeking, die grusaamste straf en skeiding van God verduur sodat ons dit nie hoef te doen nie. Hy het die kruis verduur sodat ons uit genade deur geloof gered kan word.

Terwyl ons in ons geloofswedloop voortgaan moet ons ook volhard, maar ons sal nie gevra word om iets te verduur wat ons Verlosser nie reeds verduur het nie. Hy het lyding, verwerping en skaamte verduur sodat ons met God versoen kon word. As gevolg van sy volharding het ons nou 'n advokaat wat aan die regterhand van God sit. Wanneer ons onthou wat Hy vir ons gedoen het, gee dit ons volharding en krag om in hoop voort te gaan.

Om in hoop te lewe en in ons geloof voort te gaan moet ons self ontslae raak van dit wat ons verhinder, met volharding hardloop en ons oë op Jesus hou. Ons laat sonde agter, evalueer ons keuses op grond van die Skrif en raak ontslae van enigiets wat ons van God af weghou. Wat ook al jou geloof belemmer, gooi dit weg. Ons hardloop met volharding deur nie moed op te gee nie. Dit maak nie saak wat ons in die gesig staar nie, ons hou vas aan God se beloftes terwyl ons ly sodat ons volharding in ons geloof bou en ons hou ons oë op Jesus gerig. Deur ons lewens op Hom te fokus onthou ons alles wat Hy vir ons gedoen het. Om ons oë op Jesus te hou help ons wanneer ons moeg word en wil tou opgooi. Ons doen dit deur die Skrif te lees, konstant te bly in gebed en in gemeenskap te leef.

Jesus het lyding verduur ter wille van ons. Ons is slegs in staat om lyding te verduur as gevolg van wat Hy vir ons gedoen het. Sonder sy opoffering sou ons geen rede hê om te hoop nie. Terwyl ons volhard, toon ons ons hoop in God se karakter en sy beloftes. Ons is getuies vir die wêreld van geloof en hoop. Mag ons getrou verduur en vir die wêreld die rede wys vir die hoop wat ons het.

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More