KykNET Lent Gids预览

Misterie
"Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie. En ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal ... Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog. En die dood sal nie meer daar wees nie; ook nie rou of 'n gehuil of pyn sal meer bestaan nie; want die eerste dinge het verbygegaan"
Openbaring 21:1-2,4.
Hoekom lyding? Dit is ‘n misterie.
Ek het grootgeword met die idee dat ek nie hoef te ly nie, want Jesus het namens my gely. Ek het egter as Jesus se volgeling agtergekom dat lyding 'n deel van die lewe is.
Daar gaan verliese wees en dit sal gepaardgaan met groot hartseer. Hartseer is deel van die ervaring van menswees. Ek hou van die Sanskrit woord “ta-tata” – dis hoe die lewe is. Die aard van die lewe is dat alles verbygaan. Alles verander gedurig. Al kyk jy na ʼn boom wat 700 jaar oud is, is hy nog steeds besig om te verander. Ons lewe is kortstondig.
Jesus sê: “Dis soos 'n miswolk.” Jakobus, sy boetie, sê: “Kyk na die gras. Let op die gras. Dis net ʼn seisoen, dan is die gras weg.” Johannes, die geliefde dissipel van Jesus, die een wat seker die naaste aan Jesus geleef het, sê: “Alles in hierdie wêreld gaan verbygaan.” Dis 'n waarheid van die lewe en dit is iets wat jy nie net moet weet nie. Dis iets wat jy moet aanvaar.
Jou hartseer, die pyn, die ballingskap waarin jy is, sal ook verbygaan. Dít sal ook verbygaan en jy sal die nuwe Jerusalem sien kom.
Hoe dink jy oor verliese? Hoe werk jy met jou verliese?
Herhaalgebed:
Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.
读经计划介绍

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More