KykNET Lent Gids预览

Plekke waarheen ek gaan wanneer ek verliese ly
“Treur, my mense, treur.
Laat jou pyn in jou hart opkom en in jou in snikke en trane laat uitbars
Treur oor die stilte wat tussen jou en jou huweliksmaat bestaan.
Treur oor die wyse waarop jy van jou onskuld beroof is.
Treur oor die afwesigheid van 'n sagte omhelsing, 'n intieme vriendskap, lewegewende seksualiteit.
Treur oor die misbruik van jou liggaam, jou verstand, jou hart.
Treur oor die bitterheid van jou kinders, die onverskilligheid van jou vriende, jou kollegas se hardheid van hart.
Treur oor diegene wie se honger na liefde vir hulle Vigs gebring het, wie se begeerte na vryheid hulle na vlugtelingkampe gebring het, wie se honger na geregtigheid hulle na tronke gebring het.
Huil oor die miljoene wat sterf weens gebrek aan kos, gebrek aan sorg, gebrek aan liefde ...
Moenie hieraan dink as normaal nie, iets wat as vanselfsprekend aanvaar moet word, iets om te aanvaar ... Dink daaraan as die donker mag van die bose wat elke menslike hart, elke familie, elke gemeenskap, elke nasie binnegedring het en jou gevange hou.
Huil vir vryheid, vir redding, vir verlossing.
huil hard en diep,
en vertrou dat jou trane jou oë sal laat sien dat die Koninkryk naby is,
ja, baie naby!”
(Henri Nouwen: New Oxford Review, Junie 1992; Vrye vertaling in Afrikaans).
"Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos 'n droom. Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: 'Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.' Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly. Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander. Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra"
Psalm 126.
In die woestyn kom ek voor nuwe dimensies van die lewe te staan waarvan ek nie kan ontvlug nie. Lyding is een van hierdie dimensies. Hoe ek dit hanteer is bepalend vir my lewe.
Wanneer ek na die lewe van Jesus kyk, sien ek hoe Hy my op die lewe voorberei. In Hom vind ek ‘n prototipe vir die lewe. As ek iets wil verstaan, kyk ek na Hom. Ek sien Hy het ook gely. Hy het nie net na die liggaam gely nie. Hy het ook emosioneel gely. Hy het nie net sy vryheid verloor nie. Hy moes ook sy innerlike droom prysgee: “Nie My wil nie, maar U wil” (parafrase Luk 22:42).
In sy moeilikste tyd het sy dissipels Hom in die steek gelaat. Deur sy lewe sien ek hoe lyding ‘n wegwyser na God is. Deur sy lewe sien ek hoe ek vertroos kan word deur die Heilige Gees. Deur sy lewe sien ek: "teen die oggend is daar jubelkrete" - Psalm 30:6 AFR20.
Herhaalgebed:
Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.
圣经
读经计划介绍

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More