KykNET Lent Gids预览

Hoop
"Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie"
1 Tessalonisense 4:13b.
Wanneer Paulus in Tessalonisense praat oor verliese en trane, nooi hy my om nie te huil soos iemand sonder hoop nie. Gelowiges huil anders!
Die trane wat ek stort, word die medisyne waarmee die Gees kan heelmaak en genees. In daardie weerloosheid vind ek uit dat ek nie alleen is nie. Dat Hy in die diepste donker daar by my is.
Ek kan verliese tegemoet gaan met die wete dat daar ‘n God is. Hy is goed. Hy ken trane. Hy is met my en gee my krag. Ek gaan in die wete dat daar ná die dood ‘n opstanding is. Net soos Hy uiteindelik oorgelewer is en sy vryheid, gesondheid, reputasie, en lewe verloor het, het dit nie sy einde beteken nie. Dit is ook die patroon waarvolgens Hy met my werk. Ek kan ook weet dat die nuwe lewe beter is as die ou lewe wat ek gehad het. Dit lyk nie altyd dadelik so nie, maar mettertyd sal ek dit sien.
Deel jou mismoedigheid oor jou verlies met Hom en vra Hom om jou vertroue te gee in die wyse waarop Hy in jou werk.
Herhaalgebed:
Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.
读经计划介绍

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More