1
DEUTERONOMIUM 4:29
Afrikaans 1983
AFR83
As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
So sánh
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:29
2
DEUTERONOMIUM 4:31
Die Here julle God is 'n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met 'n eed aan julle voorvaders bevestig het nie.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:31
3
DEUTERONOMIUM 4:24
Die Here jou God is 'n verterende vuur, Hy eis onverdeelde trou aan Hom.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:24
4
DEUTERONOMIUM 4:9
“Pas net op en wees baie versigtig om so lank julle leef, nie hierdie dinge wat julle gesien het, te vergeet of te verontagsaam nie. Julle moet dit alles vir julle kinders en julle kleinkinders inskerp.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:9
5
DEUTERONOMIUM 4:39
“Weet dan nou en neem dit ter harte: die Here is God. In die hemel daarbo en op die aarde hieronder is daar nie nog 'n god nie.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:39
6
DEUTERONOMIUM 4:7
Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:7
7
DEUTERONOMIUM 4:30
“Wanneer julle in nood verkeer deurdat hierdie dinge in die toekoms oor julle kom, moet julle terugkom na die Here julle God, en sy woord gehoorsaam.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:30
8
DEUTERONOMIUM 4:2
Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het.
Khám phá DEUTERONOMIUM 4:2