Anders As EkHalimbawa

God stuur vir Petrus na ‘n Romeinse soldaat se huis. Om selfs net in die huis in te gaan was godsdienstig ongehoord. In sy tyd was ‘n goeie gelowige grootgemaak om sulke situasies ten alle koste te vermy. Jy het geen kontak met mense wat so “anders” as jy is nie. Dis meer as net ‘n persoonlike voorkeur — dit was om God te dien. En buitendien, wat sou die mense sê? Dit sou ‘n skande wees!
Maar Petrus gaan ten spyte van wat die mense sou dink. Petrus gaan ten spyte van wat hy geleer was. Hy gaan ten spyte van sy eie vooroordele, en wat hy daar ontdek is vir God self! Hy besef dat God ook in mense is wat soveel anders as hy is en ewe skielik gaan ‘n nuwe wêreld vir hom oop. Hy besef God is baie groter as wat hy gedink het en dat God aan die werk is deur baie meer mense as wat hy gedink het. Hierdie gebeure is die begin van ‘n opwindende nuwe hoofstuk in Petrus se lewe en roeping.
- Kan dit wees dat God ‘n nuwe hoofstuk vir jou lewe beplan wat eers begin wanneer jy met mense wat baie “anders” as jy is kontak maak?
Banal na Kasulatan
Tungkol sa Gabay na ito

God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.
More
Mga Kaugnay na Gabay

Mag One-on-One with God

BibleProject | Maikling Kurso tungkol kay Apostol Pablo

Nilikha Tayo in His Image

Ang Kahariang Bali-baliktad

Prayer

Masayahin ang ating Panginoon

BibleProject | Bagong Kasunduan, Bagong Karunungan

BibleProject | Walang-Hanggang Pag-ibig ng Diyos

Ang Kwento ng Naglayas na Anak
