Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 265 YA 365

Spreuk 18 – Bly weg van owerspel – enige seks buite die huwelik.

Regdeur Spreuke word gewaarsku teen die gevaar van die slegte vrou (zōnâ) of die vreemde vrou (nākrî). Spreuke is duidelik daaroor dat seks met sulke vrouens soos ‘n gevaarlike afgrond is. Dit is soos ‘n smal diep put waaruit jy nie kan ontsnap nie. Seks buite die huwelik beroof jou van die lewe en laat ’n samelewing in ontrouheid verval. Die slegte gevolge daarvan kan nie oorskat word nie. Die gevaar daarvan word afgeweer deur jou hart vir die Here te gee en jou oë op sy weë te hou.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More