Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuk 16 – Moenie jou ophou met suiplappe en vrate nie.
In aansluiting by die waarskuwing by wie en hoeveel jy by mense eet, waarsku Spreuke hier teen ‘n gekuier saam met suiplappe en vrate. Dit is uiteindelik nie heilsaam nie, soos spreuk 18 ook sal uitwys. Dit sal jou van die wyse pad laat afdraai. Teenoor die dwaasheid van suiplappe en vrate word die wysheid van die ouerlike voorbeeld en die navolging daarvan aangeprys. Dit sluit ook die vyfde gebod in om jou ouers te eer tot aan die einde van jou lewe.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More