Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Ná die eerste bundel van 375 spreuke van Salomo, is daar 2 bundels van die gesegdes van die wyses in Spreuke opgeneem (Spreuke 22:17-24:22; 24:23-34).
- ·Die eerste bundel het ‘n inleiding (Spreuke 22:17-19) en dan 30 spreuke van wisselende lengte, afhangende van hoe jy die spreuke indeel.
- ·Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een met ‘n inleiding (Spreuke 24:23) en bevat 5 spreuke.
Let op die persoonlike gesprekstyl waarin die spreuke aangebied word – “wat ek jou wil leer”. Op dieselfde manier as wat die seun deur sy pa onderrig is:
1. om na sy pa, en sy ma te luister om die regte pad te kies, en
2. veral wysheid aan hom voorgehou is in die inleiding as die stem van die Here self (Genesis 1-9),
3. só word die woorde van die wyses aan die seun voorgehou as ‘n stem om na te luister.
Om na wysheid te luister nie net voordelig nie, maar doodgewoon lekker.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More