Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 2 bevestig die waarheid dat vermoëns beter is as voorregte. ’n Verstandige slaaf sal gesag kry oor ’n seun en sal saam met hom erf. ’n Spreuk wat bewaarheid is in die lewe van Salomo. Sy onderdaan, Jerobeam, het al hoe meer gesag gekry in die koninkryk, weens sy vermoëns. Met Salomo se dood het hy die noordelike tien stamme laat wegbreek (geërf) van die suidelike twee stamme onder Salomo se seun, Rehabeam, wat weens sy dwaasheid ’n verleentheid vir Israel geword het (1 Konings 11). Vermoëns troef voorregte. Vers 3 verwoord die waarheid dat die smeltkroes van die lewe – uitdagings en beproewinge – deur die Here gebruik word om ons binnekant te suiwer soos ’n goudsmid of silwersmid. Hy verhoog daardeur ons deugsaamheid (Spreuke 27:12 - soortgelyke spreuk).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More