Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 162 YA 365

Spreuke 17 gaan oor verhoudinge. Verhoudinge maak saak. Dit sluit die volgende in:

•Familieverhoudinge (vers 2, 6, 21, 25);

•Gesinsverhoudinge (vers 2, 6, 17, 21, 25);

•Huweliksverhoudinge (vers 1);

•Werksverhoudinge (vers 2);

•Regsverhoudinge (vers 8, 15, 18, 20, 23, 26);

•Vriendskapsverhoudinge (vers 9, 17);

•Gemeenskapsverhoudinge (vers 5, 7, 11, 12, 13, 16, 19, 24, 27, 28);

•Verhouding met jouself (vers 22).

Vers 1 sê gebrek en vrede is verkiesliker as oorvloed en getwis (Spreuke 17:14,19). Die agtergrond is die maaltydoffer by die tempel waarvan die familie 'n groot deel van die vleis self kon geniet en ook met vriende kon deel. As die maaltydoffer dus 'n strydoffer geword het, weens konflik, was dit duidelik beter om liewer net 'n stukkie brood in stilte en vrede te eet.

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More