Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 153 YA 365

Die res van hoofstuk 16 het ’n hele aantal meer losstaande spreuke, wat tog oorhoofs kan inskakel by die tema wat in vers 16 ingelei word: wysheid is beter as welvaart.

Vers 16: Fokus op wysheid eerder as op welvaart. Wysheid is beter as goud. Insig is beter as silwer. Vers 17: Opregtheid en oplettendheid lei tot die lewe. Om die kwaad te vermy, is soos om op 'n goed geboude pad te ry, eerder as op 'n pad vol slaggate en dongas. Dit beskerm jou lewe.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More