Eksodus 6:8-9
Eksodus 6:8-9 SPC
en Ek sal julle bring in die land waarvan Ek My hand opgelig het, om dit aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov te gee en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee. Ek is יהוה.” Mosheh het toe so met die seuns van Yisra’el gepraat, maar hulle het nie na Mosheh geluister nie, vanweë hulle moedeloosheid en die wrede slawerny.