Eksodus 6
6
1Toe sê יהוה vir Mosheh: “Nou sal jy sien wat Ek aan Farao sal doen, want as gevolg van ’n sterk hand sal hy hulle laat gaan en as gevolg van ’n magtige arm sal hy hulle uit sy land uitdryf.”
2God het met Mosheh gepraat en vir hom gesê: “Ek is יהוה.
3Ek het aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov verskyn as El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) en was Ek nie met My Naam, יהוה, aan hulle bekend nie?
4Ek het ook My verbond met hulle vasgestel om aan hulle die land Kena’an te gee, die land waarin hulle as besoekers gebly het
5en Ék het ook die gesug van die seuns van Yisra’el, wat deur die Mitzrayimiete in slawerny gehou word, gehoor en Ek het My verbond onthou.
6Sê daarom vir die seuns van Yisra’el: ‘Ek is יהוה en Ek sal julle onder die las van die Mitzrayimiete uitbring en julle red uit hulle slawerny. Ek sal julle loskoop deur ’n uitgestrekte arm en deur groot oordele. Hand 13:17
7Ek sal julle vir Myself as volk neem en julle God wees en julle sal weet dat Ek יהוה, julle God, is wat julle onder die las van die Mitzrayimiete uitbring
8en Ek sal julle bring in die land waarvan Ek My hand opgelig het, om dit aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov te gee en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee. Ek is יהוה.”
9Mosheh het toe so met die seuns van Yisra’el gepraat, maar hulle het nie na Mosheh geluister nie, vanweë hulle moedeloosheid en die wrede slawerny.
10יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
11“Gaan praat met Farao, die koning van Mitzrayim dat hy die seuns van Yisra’el uit sy land moet laat uitgaan.”
12Mosheh het in die Teenwoordigheid van יהוה gepraat en gesê: “As die seuns van Yisra’el nie na my geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister, want ek is onbeholpe om te praat?”
13יהוה het met Mosheh en Aharon gepraat en vir hulle ’n opdrag gegee vir die seuns van Yisra’el en vir Farao, die koning van Mitzrayim, om die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit te vat.
14Hierdie is die hoofde van hulle vader se huise. Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi; dit is die families van Re’uven.
15Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou; dit is die families van Shim’on.
16Hierdie is die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagte: Gershon, K’hat en M’rari. Die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.
17Die seuns van Gershon was Livni en Shim’i volgens hulle families.
18Die seuns van K’hat was `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. Die lewensjare van K’hat was honderd drie en dertig jaar.
19Die seuns van M’rari was Magli en Mushi. Hierdie was die families van Levi volgens hulle nageslagte.
20`Amram het Yokheved, sy oom se dogter, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Aharon en Mosheh. Die lewensjare van `Amram was honderd sewe en dertig jaar.
21Die seuns van Yitz’har was Korag, Nefeg en Zikhri.
22Die seuns van `Uzi’el was Misha’el, Eltzafan en Sitri.
23Aharon het Elish’va, die dogter van `Ammínadav, die suster van Nagshon, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.
24Die seuns van Korag was Assir, Elkanah en Avi’asaf. Dit is die families van die Koragiete.
25El’azar, die seun van Aharon, het vir hom een van die dogters van Puti’el as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Pingas. Dit is die hoofde van die vaders se huise van die Leviete volgens hulle families.
26Dit is dieselfde Aharon en Mosheh vir wie יהוה gesê het: “Bring die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit volgens hulle menigte.”
27Dit is hulle wat met Farao, die koning van Mitzrayim, gepraat het om die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim uit te bring. Hierdie selfde Mosheh en Aharon.
28Dit het op die dag toe יהוה met Mosheh in Mitzrayim gepraat het, gebeur
29dat יהוה vir Mosheh gesê het: “Ek is יהוה. Sê vir Farao, die koning van Mitzrayim, alles wat Ek vir jou sê.”
30Mosheh sê egter voor יהוה: “Let op, ek is onbekwaam om te praat! Hoe sal Farao na my luister?”
Iliyochaguliwa sasa
Eksodus 6: SPC
Kuonyesha
Shirikisha
Nakili

Je, ungependa vivutio vyako vihifadhiwe kwenye vifaa vyako vyote? Jisajili au ingia
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.