God het vir hom in die droom gesê: “Ja, Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou verstand en begrip gedoen het en Ekself het jou daarvan weerhou om nie teen My te sondig nie; daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.
Gee nou die man se vrou terug, want hy is ’n profeet en hy sal vir jou bid sodat jy kan lewe, maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy die dood sal sterf, jy en alles wat aan jou behoort.”