יהוה het die stem van die seun gehoor en die boodskapper van God het na Hagar uitgeroep uit die hemele en haar gevra: “Wat is dit met jou, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
Staan op, tel die seun op en ondersteun hom met jou hand, want Ek sal van hom ’n groot nasie maak.”