1
EFESIËRS 6:12
Afrikaans 1983
AFR83
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
Jämför
Utforska EFESIËRS 6:12
2
EFESIËRS 6:18
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
Utforska EFESIËRS 6:18
3
EFESIËRS 6:11
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Utforska EFESIËRS 6:11
4
EFESIËRS 6:13
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.
Utforska EFESIËRS 6:13
5
EFESIËRS 6:16-17
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Utforska EFESIËRS 6:16-17
6
EFESIËRS 6:14-15
Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.
Utforska EFESIËRS 6:14-15
7
EFESIËRS 6:10
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Utforska EFESIËRS 6:10
8
EFESIËRS 6:2-3
“Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
Utforska EFESIËRS 6:2-3
9
EFESIËRS 6:1
Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis.
Utforska EFESIËRS 6:1