YouVersion Logo
Search Icon

Vertroosting wanneer jy alleen en oorweldig voel

Vertroosting wanneer jy alleen en oorweldig voel

5 Days

Die lewe bring soms seisoene van pyn, verlies en teleurstelling. In sulke tye kan ’n mens maklik alleen en oorweldig voel. Maar die Bybel herinner ons aan ’n belangrike waarheid: God laat ons nooit alleen in ons swaarkry of tye van eensaamheid nie. Hierdie 5-dagleesplan sal jou herinner aan die goedheid en getrouheid van God en dat Hy by jou is, dat Hy jou dra, en dat daar by Hom altyd hoop is. Hy is die Een wat jou waarlik vertroos.

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za