Advent
Verlosser - Die Belofte Vervul
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit
Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugde hernu word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, gedagte vir die dag en ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek “Leef in sy lig”.
Infinitum Familie Advent, Week 1
Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.
Advent: Die Reis Tot By Kersfees
Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.
Lewe Veranderd: Tydens Kersfees
Gedurende die gewoel ter voorbereiding van die feestyd is dit maklik om die ware betekenis mis te kyk van dit wat ons vier. In hierdie 5-dag adventleesplan delf ons dieper in die beloftes wat deur die geboorte van Jesus vervul is en ons hoop op die toekoms. Terwyl ons verder leer oor wie God is, ontdek ons ook hoe om gedurende die feestyd met geloof, hoop, vreugde en vrede te leef.
Die Wonder Van Kersfees
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
Wees Bly - Vier die Adventtyd
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
Kersfees — die Geskenk
Kersfees is 'n tyd om die grootste geskenk van almal, Jesus, te vier. Om na die verhaal van Christus se verwagte koms by Kersfees te kyk, herinner ons daaraan dat Jesus gekom het as die vervulling van God se beloftes en getrouheid. Al ons hoop en gebede word beantwoord in die teenwoordigheid van Jesus, Immanuel, God met ons.
Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.