Bemoediging
Stiltetye met God
Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor die verskil wat dit sal maak.
Stil Oomblikke Saam Met Jesus
Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.
7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid
Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.
Leef deur geloof
Deur geloof in God word lewens verander, seën ontvang en hoop aangevuur. Geloof in God is die begin van ’n nuwe lewe vol verwondering oor God se grootheid en mag. In hierdie leesplan sal jy die krag van geloof ervaar en ontdek hoe jy jou geloof kan laat groei. Hierdie oordenkings is geneem uit GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Stormbestand
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
Wat Die Vader Sê
Die Vader se gedagtes van liefde teenoor jou is meer as die sand van die see. Jy is sy geliefde kind, en Hy verheug Hom oor jou! Hierdie oordenkings is 'n uitnodiging vir jou om die volmaakte, verstommende natuur van jou hemelse Vader te leer ken. In sy liefde is daar geen wedywering en geen vrees nie, want jy is in die palm van sy hand.
Verlore Tot Gevind
‘n Kerndeel van die Christelike geloof is die erkenning dat ons verlore is sonder God. Sonder sy genade is ons verlore. Sonder sy liefde is ons verlore. Nogtans reik Hy eerste na ons uit en vat ons vanuit ons verlore plekke tot aan sy tafel, vir ‘n feesmaal.
Alles Wat Ek Nodig Het
Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buchan, herinner jou in hierdie 14-dag leesplan uit sy dagboek, ALLES WAT EK NODIG HET, dat jy op God kan vertrou vir alles wat jy nodig het.
Hy Is My Hoop
Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.