Die Vastydperk & Paasfees
Sterker as die dood
Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Stephan Joubert wil jou in hierdie 7-dag leesplan aanmoedig om die volgende te onthou: Anderkant Jesus se sterfdag wag nuwe lewe vir ons.
Sag en Nederig: 'n 14-dag Leesplan
Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.
Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier
Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.
Paasfees: As die Graf Kon Praat
Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het. Jesus het teen die graf te staan gekom en die dood oorkom, en wanneer Jesus praat, praat die graf ook.
Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees
Hoe behoort jy te reageer as duisternis jou omring? Bestudeer vir die volgende drie dae die Paasverhaal en ontdek hoe om aan te hou hoop as jy in die steek gelaat word en alleen of onwaardig voel.
Ontdek Die Grootste Gewer
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.
Sy liefde red ons
God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons foute vir ewig uitgewis. Daarom kan ons Hom vandag loof en die kruis aangryp en weet: Sy liefde red ons!
Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplan
Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.