YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

This is our Song - Eagle

Revelation 4:6

Locations & Times

Doxa Deo Moot

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Sunday 8:00 AM

Sunday 10:00 AM

The Eagle


Col 3:1-2
So if you’re serious about living this new resurrection life with Christ, act like it. Pursue the things over which Christ presides. Don’t shuffle along, eyes to the ground, absorbed with the things right in front of you. Look up, and be alert to what is going on around Christ—that’s where the action is. See things from his perspective.

Ons praat vanmore oor die Perspektief van ‘n Arend.

Recap:

In die Ou Testament sien ons dat 12 stamme in 4 kampe opgedeel het en rondom die tabernakel gekamp het:
Oos = Juda
Wes = Efraim
Suid = Ruben
Noord = Dan

Noord help jou weet waar jy is.
Noord gee jou perspektief.
Dis waaroor die Arend gaan.

God:
God kom openbaar homself in die beeld van ‘n Arend:

Deut 32:11
“Soos ’n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke”

So die gedagte vd arend is om God se perspektief te kry:

Worship elevates our thinking to God’s level.

Sweef:
Arende is fasinerende voëls, as hulle klein is weet hulle nie hoe om te vlieg nie. Die pa en die ma moet hulle leer. Die ma klap haar vlerke en kom sweef bo hulle sodat hulle na haar kan kyk en kan sien wat sy doen. Dis krities vir die jong Arend om te leer sweef. Hy gaan dit nie maak as hy sy vlerke probeer klap nie.
Maar sy vlerke kan wyd uit sprei tot 2.5 meter, so al wat hy eintlik hoef te doen is om sy vlerke uit te sprei en die lugstrome te vang, dan sweef hy. Dis hoekom hulle in sirkel sweef, hy ry die lugstrome tot hoog bo in die lug. So spaar hy sy energie en kan hy baie langer in die lug bly. Hoe langer hy in die lug kan bly, hoe beter sy kanse op sukses as hy jag vir kos. Arende sal net 20% van die tyd sy vlerke klap om te vlieg, die ander 80% sweef hy.

Zec 4:6
“Not by might nor by power but by my Spirit, says the Lord”

Is ons nie dikwels soos daai hoenders wat hulle vlerke klap en klap en klap maar ons kry nie eers ‘n meter gelig nie?

Hier’s wat die perspektief van die arend vir jou wil kom gee: dis nie in jou eie krag nie!

Soos arend sweef en klim op lugstrome, is dit die Heilige Gees se krag wat jou optel!

Storm:

Hiers nog ‘n fasinerende feit oor Arende: As daar ‘n storm op kom dan sal al die ander voëls vlug en pap nat reën. Die arend skrik nie vir ‘n storm nie; hy “love” dit! Want dis juis dan wat die lugstrome lekker aktief is en dan sweef hy net eenvoudig hoër en hoër tot hy uiteindelik bokant die storm vlieg.

‘n Arend kan tot 4,5km hoog op sweef.

Storms is nie daar om jou te stop nie, dis juis in die storms wat God die meeste aktief is in ons lewens.

Isa 40:31
“But those who wait on the Lord Shall renew their strength; They shall mount up with wings like eagles, They shall run and not be weary, They shall walk and not faint.”

Die “song” van die arend vat jou reguit in die storm in, God gebruik juis die storm om jou bo dit te laat uitstyg.

Die song van die arend sê: Ons is nie bang vir storms nie!

Sien:
Die derde gedagte oor arend wat ek wil deel is dat ‘n arend het ongelooflike goeie visie. ‘n Arend se oog is so groot soos ‘n mens sin en proportioneel tot sy kop is dit masief, grotter as sy brein. Hy kan ‘n klein hasie 3.2km ver raak sien. Sy sig is tot 8 keer beter as ‘n mens sin. As jy ‘n arend se oë gehad het, sou jy op die dak van ‘n 10 verdieping gebou kon staan en kyk wat tik jou vrou op haar whatsapp onder in die straat.

‘n Mens het 200 000 lig sensitiewe selle per vierkant/mm op sy ritina – die arend het 1Miljoen. Hy’t die vermoë om ‘n klein diertjie se uriene spoor te kan volg van hoog bo in die lug. ‘n Arend sien net op ‘n hele ander vlak as ons!

Dis wat die song vd arend doen, dit nooi ons om te sien wat God sien.

“Look up, and be alert to what is going on around Christ—that’s where the action is. See things from his perspective.” (Col 3:2 msg)

God wil jou en my perspektief kom lig, Hy wil ons hoër en hoër vat sodat wanneer ons kyk, ons sal sien wat Hy sien.

Dis die hart vd arend, dat in worship ons op plek kom waar ons God se perspektief kry oor ons probleme en ons omstandighede.

Nou hier’s die sleutel: Die song van die arend is profeties van aard. Want sien die arend sien wat hy wil hê, dit beteken nog nie dat hy het wat hy wil hê nie, hy moet nog afduik en dit gaan kry.

Die “Song” van die arend roep profeties die waarhede van God uit sodat jy dit kan hoor en kan sien al het jy dit nog nie fisies beleef nie.

Die “Song” van die arend kom verander die woorde op die skerm in geestelike lugstrome in, wat jou hoër en hoër optel sodat jy kan sien wat Hy sien en nie vrees nie. Dat jy kan sien wat Hy sien en vertrou dat alle dinge sal ten goede mee werk.

Wil jy nie die Here vra om jou vandag te kom wys wat Hy wil hê jy moet sien nie?

Jy’s dalk hier soekend vir antwoorde op vrae. Ek wil die Here vertrou dat Hy vrae in harte vanmore gaan kom beantwoord. Miskien net bekommernisse kom stil maak.
Vrede kom gee. ‘n Visie van versoening bring. ‘n Duidelike visie van oorwinning en van vrydheid in Hom.

Dalk sit jy hier en jy’t nodig om te sien hoe lief die Here jou regtig het.
Dalk het jy nodig om te sien dat dinge gaan ok wees.
Of dalk het jy nodig om te sien dat daar meer is tot jou lewe, dat Hy ‘n hoër roeping vir jou lewe het!

Ons gaan staan en ons gaan sing, maar vandag sing ons nie net woorde nie. Ons sing die “song” van die arend.

Die arend in Openbaring is die enigste lewende wese waarna verwys word wat in vlug is, hy’s besig om te vlieg!

In Corpate worship, waar jy in God se midde is, kan jy nie ‘n draad sitter wees nie!
Arende is nie draad sitters nie!

Jy kan dalk hier onder wees, omstandighede het jou onder gekry. Die Here wil jou kom optel deur Sy Gees, as jy Hom sal toelaat

“NIE DEUR KRAG OF DEUR GEWELD MAAR DEUR MY GEES”

Kom ons worship!