NGK Gardeniapark

NGK Gardeniapark PREEK 22 MAART 2020
Preek teks deur Ds. Jan Venter
Locations & Times
Lig Gemeente
3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa
Sunday 8:55 AM
TEKS: Mat 27:45,46
TEMA: Die 4e Kruiswoord.
BESKR.: “My God, my God, waarom los U my heeltemaal alleen? U help my nie. Ek skree totdat ek blou word, maar U is weg.” – Psalm 22:1 (Die Boodskap)
*Voorbereidende lees gedurende die week: Gen 22:1-14; Ps 22.

Skakel na Preek vanuit Ds. Jan se studeerkamer
Kliek op die skakel om die preek vanuit Ds Jan se studeerkamer te volg.
https://youtu.be/sgcqWUkTrTESKRIFLESING en VERKONDIGING: 22 MAART 2020
Ons Here Jesus se 4e kruiswoord, is ‘n aanhaling van Dawid uit Psalm 22. In DIE BOODSKAP klink dit só:
“My God, my God, waarom los U my heeltemaal alleen?
Ek skree totdat ek blou word, maar U is weg.” -
Die “BYBEL VIR DOWES” (ABA) sê:
“My God, my God, hoekom het U my gelos?
Ek roep en vra dat U my moet help,
ek kla en sug, maar U bly ver weg van my.
My God, ek roep elke dag en nag, maar U antwoord nie,
ek kan nie rus nie."
Ons kry ‘n idee wat die inhoud van Jesus se bede was.
Die 1e drie kruiswoorde is in daglig gesê. Hy dink aan mense: Sy moordenaars (“Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”); die misdadiger langs Hom aan die kruis (“Ek verseker jou: vandag sal jy saam met My in die paradys wees.); en sy ma, Maria (“Vrou, daar is jou seun.). Maar nou skuif Jesus se fokus na Sy hemelse Vader. En dit word donker. Letterlik donker! Dis nie ‘n sonsverduisterning soos party meen nie, want dit hou vir drie ure aan.
Hierdie donkerte kan jy vergelyk met die duisternis wat met die 10e plaag oor Egipte geval het. In Eks 10:21 staan daar: dit was ‘n donkerte wat ‘n mens amper fisies kon “voel”. Jy kon amper daaraan raak (so donker het dit gevoel).
Hoekom word dit donker? Want die “Lig” wat na die wêreld gekom het, Jesus Christus, neem ons sonde op Hom, op die kruis. > Die Bybel stel dit sterker: Hy het in ons plek sonde – BOOSHEID - kom word! Hy word in die oë van Sy Vader skuldig aan massamoord, kindermolestering en vroue-mishandeling, verkragting, egbreek, heteroseksuele misdrywe en homoseksuele aktiwiteit, korrupsie en alkoholisme en alles waaraan jy nog kan dink wat verkeerd in die Here se oë is. Hy word die somtotaal van dit alles – die ongehoorsaamheid aan ál 10 gebooie. Die oortreder van God se wil. > Terwyl God se heiligheid nie ‘n tikseltjie – nie ‘n millimeter of ‘n gram, selfs ‘n atoomgrootte - se sonde kan toelaat of verdra nie.
Geen wonder dit word donker nie. Dis “nag” vir Jesus, want die volle oordeel van God (meer nog as in die tyd van Noag) kom nou op Jesus af. Die 10e plaag gaan Hóm nou tref - God se "eniggebore Seun" gaan sterf. Ag man, die totale verwoestende krag van ál 10 plae gaan nou op Hom afkom, om dit so te stel. Geen wonder Hy roep “My God, my God, waarom het U my verlaat…!”
Nou moet ons ‘n paar dinge in gedagte hou, want hier is ‘n paar gevare:
1. Ons moet pasop om te dink dat die karakter van God verander het. Die Drie-Eenheid het nie ewe skielik daar op Golgotha ‘n Twee-Eenheid met die Vader en Gees geword nie. God is onveranderlik. Hy het Drie-Eenheid gebly. Maar die gemeenskap tussen Jesus en God die Vader is verbreek, want God kan nie in gemeenskap met sonde wees nie. *’n Mens sien dit net hier in die evangelie, in hoe Jesus Sy Vader aanspreek… Altyd praat Jesus van Sy “Vader”, maar nou is dit “God”. Want Hy is Regter.
Dit geld ook vir ons. Dis hoekom ons so skuldig en onrustig voel wanneer ons sonde gepleeg het. Want ons voel die hindernis wat ons sonde veroorsaak in die verhouding tussen ons en God. Gemeenskap met God is slegs moontlik as Christus se bloed ons bedek. Wanneer Hy die verhouding herstel en vrede bewerkstellig… wanneer Hy my en God versoen.
2. Ons moet versigtig wees om te dink dat Jesus Sy Vader kom paai het met die kruisoffer wat Hy vir Sy Vader bring. So asof Hy nou moet mooi praat en Sy Vader se arm moet draai om ons te red…
So asof die Vader eintlik wil nie, maar gelukkig het die Seun ons só lief, en Sy “Pa” het Hóm so lief, so Hy kry die Vader ge-oorreed. > Nee, moenie Joh 3:16 vergeet nie: Want so lief het GOD die wêreld gehad… Die Vader is nie die monster en die Seun die redder nie. Vader en Seun was Een in hulle besluit om jou en my te red. Hulle het saam die inisiatief in ons redding geneem. Beide het ons intens lief! Dis hoekom ‘n mens met verwondering na die kruis kyk.
3. ‘n Derde gevaar. Ons sukkel so om te aanvaar dat die Vader Jesus verlaat het, dat party mense al gemeen het dat dit net vir Jesus so “gevoel” het. Die Vader het Hom nie regtig verlaat nie. > Wel, as dit so was, sou Jesus nie werklik ons plek kon inneem nie…
Sou Hy nie werklik ervaar wat dit beteken om geoordeel te wees nie.
Dan sou Jesus se lyding slegs ‘n liggaamlike lyding wees. Nee, Hy het nie net fisies gely nie, maar ook emosioneel. Nie net as mens nie. Maar as God. Dit klink nie moontlik nie. Maar dis wat hierdie kruiswoorde so verskriklik maak. Jy hoor God se verwonding. Hoe “seer” Hy kry. Dit is wat dit Hom gekos het om ons totaal-en-al – liggaam en siel – te red. > “Slegs die lydende God, kon ons help”, het Dietrich Bonhoeffer gesê.
Kom ek stel dit só: As my kind moet sterf, sal dit nie net hy of sy wees wat ly nie, maar ook ek as ouer, is dit nie so nie? Ek sal hartverskeurd wees as my kind doodgaan. Ons moenie vir ‘n oomblik dink net Jesus het gely nie, Gemeente.
Dis wat Jesus gekies het. Dis wat die Vader gekies het. Dat ek en jy gered kan wees van ewige dood en hel.
Maar daar is ook hoop en vertroue in die kruiswoord. Want Jesus gebruik ou verbondstaal… Hy roep My God, my God… Hoor U daar is lig in die tonnel? Lig in die donkerte op Golgotha. Jesus glo in Sy Vader se liefde. Binne ‘n paar ure gaan Hy die laaste kruiswoorde uitroep: “Vader, in U hande gee Ek my Gees oor.” Hy vertrou nog steeds Sy Vader.
Hy gáán Hom opwek.
“My God, My God, waarom het U My verlaat?” ('n Oorverdowende stilte!) Die Hemel antwoord met stilte. God swyg. Die stem wat uitgeroep het na Abraham om te stop, om nie sy seun Isak te offer op Moria-berg nie, is nou stil. Die mes val. Hoekom?
Dawid gee ‘n leidraad. Hy skryf in Psalm 22 hoe ‘n sondaarmens dag en nag roep en voel jou gebed bons van die dakplafon terug. Hy ken die hartseer van stilte, die frustrasie en ongeduld met God wat nie antwoord nie. Christus gaan in die diepte van ons putte en afgronde af, sê ons belydenis, om só van God verlate te wees, sodat ek en jy NOOIT van God verlate sal wees nie! Ja, ook al voel dit soms só. Sien jy hoe Jesus vir jou gesorg het, sodat jy in ‘n verhouding met God kan lewe? En Sy seën kan ontvang?!
In die 4e kruiswoord sien ons dat Jesus nie net aan die kruis – die deur God-vervloekte kruis – gehang het nie, Hy het Self die vervloekte geword, sodat ek en jy geseënd kan wees. Dis wat ons belydenis “ter helle neergedaal het” beteken. Tydens Jesus se lewe het Hy gelei onder mense. By kere het Hy gely onder satan. Maar nou ly Hy onder Sy Vader.
Jy kan hier opstaan met die besef van hoe lief God jou het. Van hoe groot die prys was wat Hy vir jou betaal het om Sy kind te word. Maar dan sal die preek in 'n mate gefaal het. Want primêr gaan dit nie oor jóú nie, maar God. Ja, Jesus se bloed was vir jou, maar dit was ook vir Sy Vader. Want ek en jy het in Adam en Eva se ongehoorsaamheid God beroof van Sy eer. Daarom skryf Paulus in Rom 3 dat Jesus God se regverdigheid kom demonstreer het. Asook Sy geduld en barmhartigheid. Omdat God in die OT saam met sondaars ‘n pad gestap het, beteken nie dat Hy Sy heilige standaarde verlaag het nie, Hy was genadig. Daarom: Nêrens openbaar God Homself duideliker as aan die kruis – wat se tipe God Hy is nie. Hy is regverdig en straf die verkeerde, maar Hy is ook vol liefde.
Met die 4e kruiswoord sien ons dat Jesus deur donkerte gegaan het, sodat ek en jy in lig kan lewe en sterwe en ewig wandel. Amen

Teks: Matt 27:45,46
Jesus sterwe
45 Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur. 46 Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?