YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Wilgeheuwel

Three Ships // preek notas

Three Ships // preek notas

40 Days of Community

Locations & Times

Doxa Deo Meyersdal

Nic Diederichs Rd & Taylor Rd, Honeydew Ridge, Roodepoort, 2170, South Africa

Sunday 8:30 AM

Ek het ’n storie gehoor van ’n vrou wat baie eensaam was en toe gaan sy pet-shop toe om ’n papegaai te kry sodat sy iemand het om mee te gesels. Sy’t die papegaai huis toe gevat en in ’n hok gesit maar die papegaai het nie ’n woord gesê nie. Die volgende gaan sy toe terug en sê: die papegaai wil nie praat nie. Die eienaar sê toe vir haar miskien moet jy vir hom ’n leer kry, hulle hou daarvan om op en af te klim dis goeie oefening. Sy’t die leer gekoop, in die hok gaan gesit, die papegaai dopgehou, maar hy wou nie praat nie. Die volgende dag is sy weer terug, ek die leer gekry maar die papegaai wil nie praat nie. Hy sê toe probeer ’n swaai, hulle hou daarvan omheen en weer te swaai dit sit hulle in ’n goeie bui. So koop sy die swaai gaan sit dit ook in die hok, maar helaas die papegaai wil nie praat nie. Die volgende dag is sy weer terug, ek het die leer gekry ek het die swaai gekry maar my papegaai wil nog steeds nie praat nie. Wat jy nodig het, sê die eienaar, is ’n spieël. Papegaaie is mal daaroor om vir hulle self in die spieël te kyk. Sy kry toe die spieël, sit hom in die hok, die papegaai het in die spieël gekyk, op en afgeklim en geswaai maar nie ’n woord gesê nie. Die volgende dag is sy weer terug. Die papegaai is dood. Dood, sê die eienaar, dis verskriklik. Het hy iets gesê voor hy dood is? Ja, sê sy. Hy’t gesê het daai plek nie kos nie.

Daar’s ’n paar goed wat ons nodig het om te oorleef, kos is een van hulle. Maar net so het ons ook mense nodig in ons lewens.
“A scientific study was done that showed that people without social and emotional support are more than twice as likely to die of a heart attack as people with caring friends.”
Dis hoekom ons 40DOC doen, want ons verstaan dat God ons gemaak het om in community te lewe en mekaar so lief te hê.
Daar kan baie dinge wees in kerk lewe wat great is, wat ons geniet, wat dalk selfs die rede is hoekom jy vandag hierheen gekom het. Maar as ons nie besef wat die kern is waaroor dit alles gaan nie, is daar geen kerk LEWE nie, dan is dit dood. En een van die kern goed waaroor kerk lewe gaan is die mekaar beginsel. Die Bybel is vol daarvan, hier’s ’n paar:

· Forgive one another Ephesians 4:32
· Accept one another. Romans 15:7
· Care for one another. Galatians 6:2
· Encourage one another. Hebrews 3:13
· Submit to one another. Ephesians 5:21

Kerk gaan nie oor die musiek nie, dit gaan nie oor gemaklike stoele nie, selfs nie eers goeie koffie nie. Alhoewel all daai great is, niks fout daarmee nie. Kerk gaan oor die mense, kerk is nie ’n gebou nie. Kyk daar wat spel dit, dit gaan oor die gesigte wat jy om jou sien. Natuurlik kom ons bymekaar primêr om God te verheerlik. Maar die eerste en beste manier hoe ons dot doen, is om mekaar lief te hê. Is om al die ander mekaar begrippe waarvan die Bybel praat, toe te pas.
Dis wat die vroeë kerk aantreklik gemaak het vir die ongelowiges van die Nuwe Testament.
So as ons mense wil intrek en deel maak van die community van kerk lewe, gaan ons die volgende nodig hê: “The three ships: Friendship; Fellowship & Follow-ship”


I. FRIENDSHIP
Hoekom het Jesus soveel mense getrek? Dis omdat hulle Sy liefde ervaar het, Hy’t hulle Sy vriende genoem.
Hy’s selfs beskuldig dat Hy ’n vriend van die sondaars was in Matt 11:19. In Joh 8 waar die vrou in owerspel betrap was, was Jesus ’n ware vriend vir haar. In stede van om haar met klippe te gooi soos die ander wou, het Jesus liefde en vergifnis gedemonstreer.
Spreuke 17:17 “Die vriend het altyd lief...” ’n ware vriend het jou life of jy sukses behaal of nie.
Iemand het gesê “You can always tell a real friend: when you’ve made a fool of yourself he doesn’t feel you’ve done a permanent job.”
Dis die tiepe vriendskap wat ons nodig het in kerk lewe, die tiepe vriendskap wat mense help ontdek wat Jesus regtig van hulle dink. Ons dikwels te behep met die dinge wat ons dink Jesus nie goedkeur nie. Maar ons almal sit met dinge wat Jesus nie goedkeur nie, maar Hy gooi ons nie met klippe om ons weg te hou nie. Hy roep ons na Hom toe, om deel van Sy liggaam te wees.

II. FELLOWSHIP
They joined with the other believers and devoted themselves to the apostles' teaching and fellowship, sharing in the Lord's Supper and in prayer. (Act 2:42)
Fellowship is meer as die koppie koffie wat ons saam geniet na die diens. Dit gaan daaroor om lewe saam te doen. Dis hoekom ons die Lentefees het Saterdag. Ons wil saameet, saam lag, saam die dag geniet. As Suid-Afrikaners word ons geken daaraan dat ons humor skep uit moeilike omstandighede. Die rede daarvoor is omdat ons help om te cope.
Net so, wanneer ons die lewe saam geniet, sien ons die lewe vir wat dit is: ’n gawe van God af.
Verlede Donderdag was ek by vriende van ons se baba se begrafnis. Dit was ’n amazing belewenis en ek weet dit klink net nie reg as ek dit sê nie, maar dis waar. Luister daar was roomys en ballonne en mense wat lag en gesels. Insluitende die ouers wat hulle enigste kind verloor het en dit was nie aangeplak nie. Hoekom? Want hulle was omring deur mense wat hulle regtig lief het. Mense wat omgee wat verstaan het waardeur hulle gaan. Mense wat soveel keer saam hulle gebid het vir die kind. Mense wat daar was elke keer wat hulle ’n skouer nodig gehad het om op te huil. Mense wat opgedaag het om die lewe te fier van ’n 8 maande oue baba wat nou soveel meer lewendig is in die teenwoordigheid van Jesus.
Maar kom ek vertel jou, as ek ’n ongelowige was, het ek gedink hierdie mense is weird. En tog, iets van die vrede wat daar was, wat alle verstand te bowe gaan sou my hart so aangegryp het en ek sou verseker vir myself gesê het Ek soek dit wat hulle het.
Die “fellowship” wat ek daar beleef het, was ’n getuienis van die goedheid van God te midde van ’n verskriklike storm.

III. FOLLOWSHIP
Paulus skryf in 1 Kor 11:1
Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. (1Kor 11:1)

Pastoor Steve Shepherd vertel die storie van ’n klein seuntjie wat poskaarte verkoop. ’n Man vra hom, “Seun, wat gaan jy met die geld doen?” Die seuntjie antwoord hom, “Oom ek gaan ’n miljoen rand bymekaarmaak om al die honger mense in die wêreld kos te gee.” Die man vra toe, “Gaan jy al daai geld ophou eie bymekaar maak?” Nee sê die seuntjie, my maatjie help my.”
Die outjie het ’n visie gehad. Maar hy het ook “followship” gehad. Hy’t ’n vriend gehad wat bereid was om hom te volg in sy passie vir honger mense.
cambridge dictionary se dat Fellowship beteken: a group of people or an organization with the same purpose.
Die “purpose” van ons vriendskap en ons fellowship saam, is om mekaar te volg in ons navolging van Jesus. Dis om mekaar te inspireer, om te doen dit waarvoor Jesus ons geroep het.
Ek bevind my so baie in daardie plek wat ek myself vra: Hoekom doen ek hierdie, is dit regtig die moeite werd? Tye wat ek nie die vrug sien daarvan waarmee ek besig is nie Dan stuur die Here iemand my padlangs wat my vertel van wat die Here mee besig is in hulle gemeente of in hulle lewens. En dan gee dit my hoop dat God nog steeds besig is, Hy is besig om te werk en wat Hy vir ander doen, sal Hy ook vir my doen.
’n Pastoor vriend van my, Jaco Schutte, het gesê: Jy kan nie met net een Briquette braai nie. As jy baie briquette het steek hulle mekaar aan die brand en hulle behou die hitte. Maar sodra jy een van hulle en kant toe skuif, sal daai een sy hitte verloor en dood gaan.

Hoe warm brand jou hart nog vir God se roeping op jou lewe? Hoe passievol is jy nog oor jou verhouding met Jesus en met Sy bruid, die kerk?
Hoeveel mense daar buite weet jy van, wat lere en swaaie en spieëls en baie goed in hulle lewens het, maar jy weet wat hulle regtig nodig het, is Jesus.
Hulle sal na Jesus toe kom, hulle sal deel raak van sy liggaam wanneer hulle die liefde en die passie en die commitment sien wat ons vir mekaar het.
Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. (Joh 13:35)

Toe mense gevra is hoe het jy deel van die kerk geword, het oor die 90% geantwoord; iemand het my genooi.

Ek wil weer sê: Die rede waarom ons ’n Lengte Fees hou Saterdag. Is omdat ons saam wil eet, saam wil lag, saam wil pret hê en saamlewe wil doen. Dis omdat ons vir die gemeenskap wil wys dat SAAM is regtig beter. Ons wil vir hulle wys hoe lyk “Friendship en fellowship” in Jesus; sodat hulle ook by die plek van “follow-ship” kan kom.